Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Goue Mo Farah straks terug na baan
Mo Farah.Foto: Reuters

Die viermalige Olimpiese kampioen Mo Farah het Dinsdag die atletiekwêreld aan die gons gehad toe hy aangedui het ’n moontlike terugkeer tot die baan vir die Tokio-Spele in 2020 is nie buite die kwessie nie.

Farah (35), wat ná afloop van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Wêreldbyeenkoms in Londen in 2017 uitgetree het en sedertdien net aan padwedlope deelneem, meen dat enigiets moontlik is as sy peil goed kan bly.

Sedert hy hom op die marathon begin toespits het, het hy die Chicago-marathon in Oktober gewen en die Telegraph berig dat hy ook sy deelname aan die Londen-marathon bevestig het.

Hy het boonop die Europese marathonrekord in Chicago verbeter en het gewys dat daar nog baie woema in sy bene is.

“Terwyl ek die Europese kampioenskappe dopgehou en die goeie vertonings gesien het, het ’n deel van my gedink dat ek ’n medalje daar sou kon wen,” het die voormalige spesialis in die 5 000 m en 10 000 gesê.

Toe ek op die baan in Chicago geoefen het, het ek ’n paar baie goeie sessies ingesit en gedink dat dit steeds in my steek.
Mo Farah

“Toe ek op die baan in Chicago geoefen het, het ek ’n paar baie goeie sessies ingesit en gedink dat dit steeds in my steek.”

Hy meen egter dat sy vertoning in Londen se marathon (op 28 April volgende jaar) ’n bepalende faktor kan wees rakende sy terugkeer tot die volgende Olimpiese Spele.

“Dit is lekker om steeds die opsie te hê dat ek op die baan of op die pad kan hardloop,” het hy bygevoeg.

Sy breier, Gary Lough, het in Oktober ook gesê dat ’n terugkeer tot die 10 000 by die Wêreldkampioenskappe in 2019 in Katar nie onmoontlik is nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Mo Farah  |  Brittanje  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.