Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Hilton se ou rekord val in Doebai

Suid-Afrika se aanslag by die Wêreld-Para-atletiekkampioenskap in Doebai het Donderdag op ’n moeilike noot begin toe Hilton Langenhoven net ’n sesde plek in die verspring in die T12-afdeling kon behaal.

Doniyor Saliev van Oezbekistan in aksie op die 2017 Para-Wêreldkampioenskap in Londen. Foto: Getty Images

Wat egter die seerste sou maak, is dat Langenhoven se byeenkomsrekord in dié nommer ná 13 jaar uiteindelik in die slag gebly het.

Hy het in 2006 in Nederland met 7,19 m oorheers, maar het Donderdag toegekyk hoe Doniyor Saliev van Oezbekistan sy rekord aan flarde laat op pad na die goue medalje met ’n afstand van 7,44 m. Hy het dié rekord in die eerste ronde opgestel en daarna boonop met drie van sy daaropvolgende spronge ook die vorige rekord verbygesteek.

Saliev was net 3 cm weg van Matthias Schroeder van Duitsland se wêreldrekord van 7,47 m.

Langenhoven kon net ’n beste poging van 6,72 m lewer in die derde ronde.

Saliev het hiermee sy titel wat hy in 2017 in Londen verower het, suksesvol verdedig. Langenhoven was toe vierde.

Jaco Smit het sy plek in die halfeindronde van die 400 m (T12) bespreek met ’n tweede plek in sy uitdun.

Smit het die wenstreep in 51.70 sekondes oorgesteek, met Mahdi Afri wat eerste was in 50.31 sek.

Afri hou ook die byeenkomsrekord in 48.60 wat hy in 2017 in Londen opgestel het.

Smit se tyd was algeheel die negende vinnigste van die uitdunne, met Oguz Akbulut van Turkye wat die vinnigste was in 50.20.

Die halfeind- en eindronde word Saterdag gehou.

Dinge het ook nie volgens plan verloop vir Ntombizanele Situ in die spiesgooi (F54) se eindronde nie.

Sy kon net een wettige poging vermag en moes eindelik met die sesde plek en ’n afstand van 14,90 m tevrede wees.

Flora Ugwunwa het met die goue medalje weggestap met ’n beste poging van 18,38 m, wat ook ’n seisoenbeste vir die Nigeriër was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.