Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Hokaai eers met Wayde, sê tannie Ans

Wayde van Niekerk, die goue seun van Suid-Afrikaanse atletiek, het ’n belangrike eerste tree gegee ná ’n ernstige kniebesering in 2017.

Wayde van Niekerk op die podium by die Wêreldkampioenskap in 2017 in Londen. Foto: Getty Images

Van Niekerk (26) het Donderdag op Twitter gesê dat sy eerste dag van hardloop “pynloos” was en dat hy “geseënd” is.

Hy het in Oktober sy knie beseer in ’n raakrugbywedstryd op Nuweland voor die Springbokke se toets teen die All Blacks.

Die besering het beteken dat Van Niekerk, wat verlede jaar goud by die Wêreldkampioenskap in die 400 m en silwer in 200 gewen het, vanjaar se Statebondspele misgeloop het.

Maar, sê Ans Botha, sy afrigter, daar is nog nie sprake daarvan dat hy terug is op die oefenbaan nie.

“Wayde is steeds in Doha (in Katar) as deel van die rehabilitasie wat hy ondergaan. Hy keer teen die middel van September terug en sal eers weer begin oefen as ek die mediese verslae bestudeer het en 100% seker is dat hy reg is.

Sy maak dit duidelik dat die hardloop waarna Van Niekerk op sosiale media verwys, glad nie beteken dat hy weer begin oefen het nie.

Botha wou ook nie bespiegel oor hoe lank dit vir Van Niekerk sal neem om weer mededingend deel te neem nie.


Meer oor:  Ans Botha  |  Atletiek  |  Wayde Van Niekerk  |  Doha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.