Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
IAAF sê later oor Russe se deelname
Sebastian CoeFoto: Getty Images

Hoewel die Wêreldagentskap teen verbode middels in sport (Wada) reeds die skorsing van die Russiese agentskap teen die gebruik van verbode middels (Rusada) opgehef het, moet dié land egter nog wag om te hoor of die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) dieselfde gaan doen.

Volgens Sebastian Coe, president van die IAAF, kan ’n moontlike besluit oor Rusland se toekoms in internasionale atletiek dalk in Desember geneem word.

Coe meen dat die IAAF eers daaroor sal besin of Wada die regte besluit geneem het.

Indien die IAAF in Desember besluit om Rusland se skorsing te beëindig beteken dit dat die land as geheel weer aan internasionale byeenkomste soos die Olimpiese Spele en die Wêreldkampioenskappe mag deelneem.

Sedert Rusland in 2015 geskors is, mag sy atlete net as neutrale deelnemers aan byeenkomste deelgeneem het, mits hulle genoegsame bewyse kon lewer dat hulle nie by ’n staatsgesteunde program vir die gebruik van verbode middels baat nie.

Coe het aan AFP gesê daar sal wel ’n besluit oor die Russe geneem word.

Soos ons altyd in die verlede gedoen het, sal ons wag vir aanbevelings en die raad sal dit na aanleiding van die aanbevelings bespreek.
Sebastian Coe

“Daar sal binne die komende weke ’n vergadering met die Russiese Atletiekfederasie wees, en soos ons altyd in die verlede gedoen het, sal ons wag vir aanbevelings en die raad sal dit na aanleiding van die aanbevelings bespreek,” het Coe gesê.

“Maar ja, daar sal waarskynlik op die raadsvergadering in Desember in Monaco ’n besluit geneem word.”

Volgens Coe sal die Russe egter eers aan twee vereistes moet voldoen voordat hulle sal oorweeg om die skorsing te lig.

Rusada moet erken dat die McLaren-verslag, wat onthul het dat meer as 1 000 Russiese sportlui by ’n staatsgesteunde program vir die gebruik van verbode middels gebaat het, inderdaad akkuraat is en moet dus ook toegang verleen tot die Moskou-laboratorium, waar die meeste van die manipulasie van die monstertoetse plaasgevind het.

Die toegang tot die laboratorium sluit in dat die atletiek-integriteitseenheid (AIU) ook toegang tot die data en toetsmonsters van die Moskouse laboratorium vir tussen 2011 en 2015 gegee word.

Wada het onder kwaai kritiek deurgeloop vir sy besluit om Rusada weer te erken. Coe meen die IAAF sal eers nog besin of hy dieselfde wil doen. – AFP en Sportredaksie

Meer oor:  Sebastian Coe  |  Rusland  |  Londen  |  Skorsing  |  Wada  |  Opkikkers  |  Rusada  |  Atletiek  |  Iaaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.