Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Iere kan wel voortbou op unieke rekord
Ierland se middelafstandatleet Ciara Mageean sal tog vanjaar in hul nasionale kampioenskap kan aantree. Foto: Getty Images

Ierland se atletiekfederasie is só vasbeslote om voort te bou op sy rekord as die land wat die meeste agtereenvolgende jare hul nasionale kampioenskap kon hou, dat dit vanjaar oor twee naweke sal plaasvind.

Die byeenkoms, wat nou oor twee agtereenvolgende naweke by die Morton-stadion in Santry gehou word, sal verseker dat die Iere nog ’n jaar kan byvoeg by hul merkwaardige wêreldrekord van 147 jare se ononderbroke nasionale atletiekkampioenskappe.

Luidens die Irish Times was die byeenkoms aanvanklik geskeduleer om in die laaste week van Junie gehou te word, maar is toe weens die Covid-19-pandemie tot die naweek van 22 en 23 Augustus uitgestel.

Die byeenkoms het afgehang daarvan of die Ierse regering oor sou skuif na vlak 4 van sy nasionale staat van inperking, wat sou beteken dat die getal mense wat in groepe saam kan trek van 200 na 500 sal vermeerder.

Die regering het toe teen dié skuif besluit, wat gedreig het om die Iere se unieke rekord te stuit.

Atletiek Ierland moes toe noodgedwonge ander planne maak.

Die atletiekliggaam het toe besluit om die inskrywingsdatum te vervroeg, met altesaam 720 atlete wat hul name op die lys gehad het vir deelname, en die byeenkoms oor vier dae oor twee naweke te hou met twee sessies elke dag.

Die eerste twee dae sal nou na verwagting steeds op die 22ste en 23ste Augustus wees met die res van die byeenkoms wat op die naweek van 29 en 30 Augustus gehou sal word.

Dit sal die land toelaat om vir die 148ste agtereenvolgende jaar sy nasionale kampioenskap te hou.

Die eerste byeenkoms was reeds op 7 Julie in 1873 gehou en is nie eens tydens twee Wêreldoorloë afgestel nie.

Die eerste byeenkoms is ook 23 jaar gehou voor die eerste moderne Olimpiese Spele in 1896 in Athene.

Amerika het sy byeenkoms elke jaar sedert 1876 aangebied, voordat dit vanjaar geskrap is. – Sportredaksie, irishtimes.com

Meer oor:  Atletiek  |  Ierland  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.