Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Inskrywings vir Comrades open Maandag
Edward Mothibi het vroeër vanjaar die 94ste Comrades-marathon gewen. Foto: Gallo Images

Langasems wat volgende jaar die 95ste weergawe van die Comrades-ultramarathon wil aandurf, kan binnekort vir kaartjies aantree.

Die Comrades-marathonvereniging (CMA) het Vrydag aangekondig dat kaartjies vanaf Maandagoggend 08:00 beskikbaar sal wees vir dié wedloop, wat op 14 Junie 2020 deelnemers se uithouvermoë tot die uiterste sal beproef.

Voornemende deelnemers sal tot 30 November kans hê om in te skryf of tot wanneer die getal inskrywings 27 500 bereik.

Volgens Rowyn James, die CMA se wedloop-direkteur, is die getal beskikbare inskrywings verhoog van 25 000 tot 27 500.

Van die 27 500 plekke sal 7 000 uitsluitlik vir beginners wees en 2 500 eksklusief vir internasionale deelnemers.

James sê ook vanjaar se inskrywingsgeld van R600 sal onveranderd bly vir 2020 vir Suid-Afrikaners, maar gekontrakteerde diensverskaffers se transaksiegeld, wat voorheen deur die CMA gedek is, sal nou deur diegene wat inskryf, gedek moet word.

Ons het opwindende planne vir volgende jaar se afdraande wedloop, wat vir die tweede keer sal klaarmaak by Durban se bekroonde Moses Mabhida-stadion.
Rowyn James

“Ons het opwindende planne vir volgende jaar se afdraande wedloop, wat vir die tweede keer sal klaarmaak by Durban se bekroonde Moses Mabhida-stadion,” sê James.

Die datums om te kwalifiseer is geldig vanaf 24 Augustus 2019 tot 4 Mei 2020, met atlete wat vereis sal word om die marathon-afstand van 42,2 km in onder vier ure, 50 minute af te lê, of ’n 56 km-ultramarathon in onder ses ure, 45 minute.

Volgende jaar se Comrades sal om 05:30 by die Pietermaritzburg-stadsaal wegspring en die laaste skoot sal 12 ure later by die Moses Mabhida-stadion klap.

Dit sal die 47ste afdraande wedloop in die Comrades se geskiedenis wees.

Hoopvolles word daaraan herinner dat die 2019-weergawe van dié wedloop se kaartjies binne ses dae uitverkoop het en hulle dus sal moet wikkel om teleurstelling te vermy. – Sportredaksie

Belangrike inligting

Inskryfgeld

Suid-Afrikaners – R600.

Buitelanders (Afrika) – R1 500.

Buitelanders (internasionaal) – R3 800.

Ingang is gratis vir alle atlete wat die Comrades-marathon al 25 of meer kere voltooi het.

Inskryfmetode

– Aanlyn op www.comrades.com of gebruik die Comrades-app.

– Pos voltooide inskrywingsvorms met bewys van betaling aan die CMA-kantoor: BOKS 100621, Scottsville, 3209;

– Handig inskrywingsvorms in met ’n strokie van die oorspronklike deposito by Comrades House, Connaught-straat 18, Scottsville, Pietermaritzburg; geen kontant sal aanvaar word nie.

 

Meer oor:  Rowyn James  |  Pietermaritzburg  |  Durban  |  Comrades  |  Inskrywigs  |  Af-Wedloop  |  Langasems
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.