Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Jamaika óók uit Wêreld-aflosbyeenkoms

Die sterbelaaide Jamaikaanse aflosspanne het ’n groot terugslag aan die organiseerders van volgende maand se Wêreld-aflosbyeenkoms toegedien toe dié land hom aan die geleentheid in Pole onttrek het.

Elaine Thompson-Herah van Jamaika. Foto: Getty Images

Jamaika, met onder andere die tweemalige Olimpiese kampioen Elaine Thompson-Herah en die voormalige 100-wêreldrekordhouer Asafa Powell in hul geledere, word deur reisbeperkings verhinder om op die vliegtuig te klim.

Die Jamaikaanse Atletiekvereniging het bevestig dat die groep van 39 atlete nie in staat sal wees om aan die byeenkoms, wat vir 1 en 2 Mei geskeduleer is, deel te neem nie.

Dit is die derde groot terugslag vir die organiseerders nadat die VSA besluit het om nie ’n span te stuur nie, terwyl Australië ook onttrek het weens vrese oor die Covid-19-pandemie.

In 2019 het die Amerikaners as die algehele wenners by dié byeenkoms in Jokohama weggestap, terwyl Jamaika naasbeste was.

Suid-Afrika sal egter nou wel voel dat sy kanse om die podium te bestyg ’n groot hupstoot gekry het met dié drie lande wat nie onder hul teenstanders sal tel nie.

Suid-Afrika stuur spanne in die mans se 4x100 en 4x400, terwyl ’n 4x400-gemengde-aflosspan ook sy verskyning sal maak.

Die mans se 4x100-span het reeds vir die Tokio-Spele gekwalifiseer met die 4x400-span wat dié byeenkoms sal wil gebruik om ook hul plek by die Olimpiese Spele vas te maak.

Al agt die voorste spanne in die 4x100 en 4x400 sal vir die Tokio-skouspel kwalifiseer.

Die Europese Binnenshuise Kampioenskap wat verlede maand in Torun in Pole gehou is, het verskeie gevalle van atlete wat positief vir Covid-19 getoets is tot gevolg gehad.

Pole het Vrydag 12 762 nuwe gevalle van die koronavirus aangemeld met 694 sterftes. – Sportredaksie

Meer oor:  Asafa Powell  |  Pole  |  Jamaika  |  Vsa  |  Wêreld-Aflosbyeenkoms  |  Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.