Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Kan Akani onoorwonne bly?
Akani Simbine vroeër vandeesmaand in Italië nadat hy die 100 m gewen het by die Palio della Quercia-byeenkoms. Foto: Getty Images

Akani Simbine maak Donderdag sy buiging in 2020 se Diamantliga-reeks wanneer hy in Rome in die 100 m aantree en in die proses ook sy onoorwonne vertoningslys vir die jaar sal probeer voortsit.

Die Statebondkampioen sal mik vir ’n vyfde agtereenvolgende oorwinning in Europa.

Dié keer sal dit egter sy grootste toets van die jaar wees, met vyf van sy nege teenstanders wat ook met persoonlike beste tye van onder 10 sekondes spog. Simbine is egter die enigste van dié blitse wat vanjaar al deur die 10 sek.-grens kon bars.

Vir Simbine sal dit sy tweede wedloop in drie dae wees nadat hy Dinsdagaand in Switserland baas was in ’n tyd van 10.02, die naasbeste tyd ter wêreld in Augustus en September.

Simbine se grootste teenstanders sal die Amerikaner Michael Rodgers, die Ivoorkus se Arthur Cissé, Jamaika se Julian Forte en die Italianers Marcell Jacobs en Filippo Tortu wees.

Antonio Alkana, wat self Dinsdag in Switserland in aksie was, sal weer in die 110 m-hekkies aantree.

Hy sal hoop om voort te bou op sy beste tyd van 13.40 dié seisoen en sal waarskynlik na nog ’n hoër rat moet oorskakel indien hy op die podium wil verskyn.

Die Brit Andrew Wells, Fransman Wilhem Belocian en die twee Amerikaners, Freddie Crittenden en Aaron Mallet, wat langs hom in die blokke sal sak, het almal vanjaar al vinniger tye opgestel.

Vir Zane Weir sal die byeenkoms in Rome ook ’n spesiale ervaring wees, met dié gewigstoter wat sy buiging in die Diamantliga-reeks gaan maak.

Die oud-hoofseun van Westville Boys High School in KwaZulu-Natal het twee weke gelede sy 25ste verjaardag gevier en ’n goeie vertoning sal die kersie op die koek wees.

Weir het ’n persoonlike beste afstand van 20,33 m vanjaar behaal, maar sal teen gedugte teenstanders te staan kom.

Leonardo Del Gatto van Italië (21,99), Nick Ponzio (21,72) en Payton Otterdahl (21,19) van die VSA het almal vanjaar die maatband al verder as 21 m laat rek.

* Die byeenkoms word regstreeks op SuperSport Variety 3 (208) uitgesaai vanaf 19:00.

* Tye wat Suid-Afrikaners deelneem:

Gewigstoot: Zane Weir (19:30); 110 m-hekkies: Antonio Alkana (19:47); 100 m: Akani Simbine (20:15).

Meer oor:  Akani Simbine  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.