Die Keniaan Hellen Obiri het Sondag geskiedenis gemaak toe sy die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Landloopkampioenskap in Aarhus, Denemarke, gewen het.

Hellen Obiri is ’n prentjie van vreugde nadat sy Saterdag die IAAF se landloop-titel in Aarhus, Denemarke, gewen het.Foto: Getty Images
Sy is nou die eerste vrou wat in binnenshuise en buitemuurse byeenkomste, asook in landloop, wêreldtitels gewen het.
Haar wentyd van 36 minute en 14 sekondes oor die baan van 10,24 km was twee sekondes vinniger as die Ethiopiër Dera Dira in die tweede plek.
“Dis werklik spesiaal,” het die wêreld se 5000 m-kampioen gesê nadat haar sege ook gesorg het dat Kenia die spantitel wen.
“Dit was my debuut in die IAAF se landloopkampioenskap en my enigste kans. Ek het nie nou nodig om nóg landloop te doen nie.”
Joshua Cheptegei het die eerste Ugandees geword om ’n senior manstitel te wen met ’n tyd van 31:40. – Reuters