Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Keniaanse atletiekman geskors

David Okeyo, voormalige senior Keniaanse atletiekbeampte, is Donderdag lewenslank uit dié sport geskors en met $50 000 beboet nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy honderdduisende dollars se borgskapgeld vir persoonlike gebruik aangewend het.

David Okeyo. Foto: Getty Images

Okeyo, voormalige sekretaris-generaal en adjunkpresident van Atletiek Kenia (AK), is deur die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se etiekraad ondersoek met betrekking tot betalings wat die kleremaatskappy Nike tussen 2003 en 2015 gemaak het.

Joseph Kinyua, voormalige tesourier van AK, is ook ondersoek.

Die etiekraad het sy bevindinge in ’n dokument van 74 bladsye bekend gemaak. Volgens dié verslag het Okeyo op verskeie geleenthede nie aan AK bekend gemaak wanneer hy van die Nike-geld uit bankrekeninge van die AK onttrek het nie. Okeyo kon ook nie bewyse lewer van waarvoor hy dié geld gebruik het nie.

Daar is verder bevind hy het die gedragskode tien keer oortree deurdat hy borgskapgeld gebruik het, wat aangewend kon word om atletiek in Kenia te verbeter.

Okeyo is van sy posisie op die IAAF-raad geskors. Die raad het bevind Kinyua het hom aan dieselfde misstappe skuldig gemaak, maar omdat hy nie ’n IAAF-beampte was tydens sy oortredinge nie, is hy nie gestraf nie.

Dié twee mans en Isaiah Kiplagat, voormalige president van AK, is aan die einde van 2015 voorlopig uit dié beheerliggaam geskors. Kiplagat is intussen dood.

Okeyo en Kinyua ontken skuld en hou voor die geld was regverdige vergoeding vir hul eie uitgawes en kundigheid, asook vir die betalings wat hulle aan atlete gemaak het. – Reuters

Meer oor:  David Okeyo  |  Skorsing  |  Atletiek  |  Iaaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.