SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Atletiek
Langasem lank geskors oor galopsop
LONDON, UNITED KINGDOM - 2019/04/24: Abraham Kiptu
Abraham Kiptum. Foto: Getty Images

’n Voormalige halfmarathon-wêreldrekordhouer, die Keniaan Abraham Kiptum, is vir vier jaar geskors nadat hy skuldig bevind is aan opkikker-oortredings.

Die IAAF se Integriteitseenheid (AIU) het die 30-jarige Kiptum in April voorlopig geskors ná ongerymdhede in sy Biologiese Paspoort (wat opkikkergebruik deur veranderinge in ’n atleet se bloedprofiel kan bespeur). Daardie voorlopige skorsing is nou gestrek tot vier jaar en sal duur tot 26 April 2023.

Al sy uitslae vanaf 13 Oktober 2018 – wat ’n halfmarathon-wêreldrekord van 58 minute en 18 sekondes in Valencia insluit – word ook geskrap.

Kenia is ’n gevierde atletieknasie danksy die heldedade van sy middel- en langafstand-atlete, maar sy reputasie ly skade namate meer opkikker-oortredings daar begaan word. – Reuters

Meer oor:  Verbode Middels  |  Skorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.