Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Keniaanse langasem toets positief
Samuel Kalalei van Kenia haal die wenstreep in 2017 se Athene-marathon. Foto: Getty Images

Die Keniaanse langasem- en marathon-atleet Samuel Kalalei is vir vier jaar geskors nadat hy positief vir die gebruik van ’n verbode middel getoets het.

Kalalei, wat in November 2017 die Athene-marathon gewen het, het positief getoets vir die gebruik van eritropoïetien (EPO), ’n hormoon wat as ’n opkikker vir bloedselle dien.

Dié aankondiging is Donderdag gemaak deur die Atletiek-integriteitseenheid (AIU), ’n onafhanklike liggaam wat verlede jaar deur die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) gestig is.

Kalalei se urinemonster, wat hy moes indien ná die Rotterdam-marathon in April, het dié 23-jarige atleet se doppie geklink. Hy is reeds in Junie voorlopig geskors.

Kalalei se urinemonster, wat hy moes indien ná die Rotterdam-marathon in April, het dié 23-jarige atleet se doppie geklink. Hy is reeds in Junie voorlopig geskors.

Volgens die AIU sal niks van sy uitslae sedert die marathon in Nederland erken word nie.

Hy het in Rotterdam ’n persoonlike beste tyd van 2:10:44 sekondes opgestel toe hy die wenstreep sewende oorgesteek het.

Dié skorsing is net die mees onlangse in ’n rits van Kenia se langafstandatlete wat die laaste paar jaar positief vir die gebruik van verbode middels getoets het.

Vroeër vanjaar is Eliud Magut en Kipses Simotwo ook geskors nadat hulle positief vir die gebruik van norandrosteroon getoets het.

Luidens ’n verslag deur die Wêreldagentskap Teen Verbode Middels in Sport (Wada) het tot 138 Keniaanse atlete sedert 2004 al positief getoets vir die gebruik van verbode middels, waarvan 113 op byeenkomste was.

In 2017 is 596 urinemonsters ná die wêreldkampioenskappe in Londen ontleed en 212 hiervan het positief vir EPO getoets. – Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Samuel Kalalei  |  Kenia  |  Rotterdam  |  Geskors  |  Lanagsem Opkikkers  |  Positief  |  Pad-Atleet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.