Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Kesa moeg om onder op podium te staan

Genoeg van derde plekke, ek wil nou eerste kom!

Suid-Afrika se hoop is gerig op Kesa Molotsane en Stephen Mokoka. Foto: Annchen Nel
Tish Jones (Engeland), Rhonzas Kilimo (Kenia), Morris Gachaga (Kenia) en die Suid-Afrikaners Kesa Molotsane en Stephen Mokoka Donderdag op die nuuskonferensie in Kaapstad.Foto: Mark Sampson

So sê die veelsydige Bloemfonteinse atleet Kesa Moletsane oor haar deelname aan Sondag se OneRun oor 12 km in Kaapstad.

Moletsane het verlede jaar derde geëindig in dié wedloop in ’n tyd van 39 minute en 53 sekondes derde. Jackline Chepngeno (39:12) en Stella Chesang (39:28) was voor haar oor die eindstreep.

Tot dusver vanjaar was sy ook derde in die 5 000 m by die SA Kampioenskap in Germiston, ná Caster Semenya en Dominique Scott-Efurd.

Vroeër vandeesmaand in die vroue-uitdaagwedloop oor 10 km in Port Elizabeth moes sy ook met die derde plek tevrede wees.

Die 27-jarige atleet wil die stand van sake verander wanneer sy Sondag vir die vyfde OneRun-wedloop aantree. Altesaam 13 000 deelnemers sal van Milnerton na die middestad hardloop.

“Ek hoop om ’n goeie wedloop te hardloop. Ek wil egter nie sê waar ek hoop om klaar te maak nie. Tog, ’n derde plek is beter as ’n vierde plek,” het Moletsane Donderdag op ’n nuuskonferensie gesê.

Haar tyd van 33:08 in die Baai was haar tweede vinnigste tot dusver oor 10 km. Haar persoonlike beste tyd oor die afstand is 32:56.

Die Brit Tish Jones wen in 2017. Foto: Tobias Ginsberg

Sy sal uitgedaag word deur Irvette van Zyl. Die Pretorianer het verlede jaar in die CitySurf-wedloop oor 10 km byna deur die kerf van 32 minute gebars. Haar tyd was 32:06. Sy het in Maart derde geëindig in haar debuut in die Twee Oseane-ultramarathon oor 56 km.

Nog ’n vroueatleet wat dalk nog las sal hê van “marathonbene”, is die Brit Tish Jones, die kampioen in 2017 in 39.50. Sy het in April in die Londen-marathon haar persoonlike beste tyd van 2:31:11 opgestel en is vir die Britse marathonspan vir die Wêreldbyeenkoms gekies.

Ook deel van die oorsese aanslag is die Ugandees Stella Chesang, die Statebondkampioen in die 10 000, en die Ethiopiërs Degitu Azamiraw en Desi Jesa Mokonin.

Chepngeno sal nie haar titel verdedig nie.

’n Uitgelate Morris Gachaga hardloop in 2018 oor die eindstreep. Foto: Tobias Ginsberg

* Die Keniaan Morris Gachaga mik na sy derde agtereenvolgende oorwinning in die mans se wedloop. Hy het in 2017 geskitter met 33:27, ’n roeterekord en die vinnigste tyd tot dusver oor 12 km.

Die organiseerders het ’n sterk groep deelnemers genooi in die hoop dat dié rekord verbeter sal word.

Gachaga se landgenote Rhonzas Kilimo, Moses Koech en John Langat is ook daar, asook Abdallah Mande van Uganda en die Ethiopiër Betesfa Getahun.

Die Suid-Afrikaners Stephen Mokoka en Elroy Gelant sal hul storie moet ken teen dié manne.

Mokoka se 27:38 in 2015 is die SA rekord oor 10 km. Gelant het in April die Twee Oseane-halfmarathon in ’n nuwe roeterekord van 1:03:19 gewen. Mokoka was toe derde.

* Die OneRun is deel van die landwye Runyourcity-reeks. Johannesburgers kan op 24 September in hul stad hardloop en Durbaniete se beurt is op 13 Oktober. Albei laasgenoemde wedlope is oor 10 km.

* Die elite-atlete in die OneRun sal Sondag om 09:00 wegspring. Prysgeld van R30 000 is op die spel vir die mans- en vrouewenners.

Die wedloop kan regstreeks gevolg word by:

Facebook: https://bit.ly/2Yqbgbt

YouTube: https://youtu.be/OFIS_AdJAh0

Twitter: https://twitter.com/CTown12

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.