Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Molotsane verbeter haar eie rekord

Nadat Kesa Molotsane verlede maand op verrassende wyse die nasionale landlooptitel gewen het, het sy haar eie rekord in die 3 000 m op die Clover-atletiekbyeenkoms Saterdag in Bloemfontein verbeter.

Die 25-jarige Molotsane van Kovsies se tyd van 09:51.03 is heelwat beter as haar rekordtyd van 10:03.97 van verlede jaar.

Molotsane was een van nege atlete wat rekords op die byeenkoms verbeter het.

Ané Erasmus van Eunice High School het die rekord in die 400 m-hekkies vir o.17-meisies verbeter met haar tyd van 64.31 sekondes.

Christiaan Duvenhage van die Hoërskool Sentraal het die rekord in die o.15-paalspring verbeter met sy sprong van 4.10 meter.

Cobus Hamman van Kovsies het ’n rekordtyd van 14.63 sekondes in die 110 m-hekkies vir senior mans opgestel, maar dié rekord sal ongelukkig weens ’n ontoelaatbaar sterk wind nie agter sy naam geskryf word nie.

Stiaan le Roux van die Hoërskool Diamantveld het die rekord in die hamergooi vir seuns o.15 verbeter toe hy die hamer 55.62 meter ver geslinger het.

Le Roux is vir sy uitsonderlike prestasie aangewys as die algehele beste junior seunsatleet (o.14 en o.15) van die dag.

Su-Marie Gouws van die Hoërskool Fichardtpark is as die algehele beste meisiesatleet in dieselfde ouderdomsgroep aangewys. Sy het goud in die o.14-gewigstoot met ’n afstand van 12.98 gewen.

Jannes Schlebusch van Grey Kollege is as die algehele beste senior seunsatleet (o.16 en o.17) aangewys vir sy goud in die spiesgooi vir o.16-seuns.

Meike Strydom van die Hoërskool Outeniqua was die algehele beste senior meisiesatleet nadat sy die gewigstoot vir o.16-dogters gewen het.

Die jaarlikse byeenkoms is deur Grey Kollege en die Hoër Oranje Meisieskool aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.