Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Kipchoge wys Tokio is binne sy bereik

Eliud Kipchoge van Kenia het ’n tydige boodskap aan diegene gestuur wat gewonder het of hy steeds genoeg murg in sy pype het om die marathon later vanjaar in die Olimpiese Spele in Tokio te wen.

Eliud Kipchoge van Kenia ná sy sege Sondag in Nederland. Foto: Reuters

Kipchoge het Sondag die NN Mission-marathon in Enschede, Nederland, op ’n drafstap gewen en daarmee alle praatjies oor sy peil van die tafel gevee.

Dit was sy eerste marathon sedert Oktober toe hy met ’n teleurstellende agtste plek in die Londen-marathon tevrede moes wees.

Kipchoge (36) se wentyd Sondag was 2 uur, 4 minute en 30 sekondes. Sy landgenoot Jonathan Korir (2:06.40) was tweede, terwyl Eritrea se Goitom Kifle in die derde plek met ’n tyd van 2:08.07 was.

Wat die vrouewedloop betref, het Duitsland se Katharina Steinruck gewen in 2 uur, 25 minute en 59 sekondes.

Kipchoge, wat die marathon in die 2016 Spele in Rio de Janeiro gewen het, het met sy sege opnuut onderstreep dat hy ernstig daaroor is om sy titel in Japan later vanjaar te verdedig.

Daardie glipsie in 2020 in die Britse hoofstad was die eerste keer sedert 2013 dat hy slae gekry het in die marathon. Dit het natuurlik baie mense hardop laat wonder of sy beste dae iets van die verlede is.

“Hierdie was ’n goeie proeflopie in die opbou tot die Spele in Tokio om jou fiksheid te toets,” het Kipchoge ná sy sege Sondag gesê. – Reuters

Meer oor:  Nederland  |  Tokio  |  Eliud Kipchoge  |  Olimpiese Spele  |  Kenia  |  Marathon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.