Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Kiwi-atletieklegende Snell oorlede
Peter Snell, Nieu-Seeland se beroemdste atleet, is oorlede. Foto: Reuters

Die legendariese Nieu-Seelandse middelafstand-atleet Peter Snell is Donderdag in die ouderdom van 80 dood.

Hy het in die jare sestig beroemdheid verwerf toe hy drie Olimpiese goue medaljes verower het.

Sy eerste was in die 800 m-wedloop by die Olimpiese Spele in Rome in 1960. Hy het dit in 1964, in Tokio, opgevolg met oorwinnings in die 800 én 1 500.

Hy was op ’n tyd ook die wêreldrekordhouer in die 800- en myl-wedloop.

Snell, wat as Nieu-Seeland se Atleet van die 20ste Eeu aangewys is, was die laaste manlike atleet wat dié unieke dubbel by ’n Spele kon behaal.

Hy het in 1971 na Amerika verhuis, waar hy ’n doktorsgraad in fisiologie verwerf en ’n suksesvolle loopbaan as akademikus gehad het.

Hy is in Dallas oorlede, waar hy die afgelope drie dekades gewoon het.

Peter Snell (regs) op pad na sy oorwinning in die 1 500 m-wedloop by die Olimpiese Spele in Tokio in 1964. Foto: Getty Images

Snell het einde verlede maand, op pad terug van ’n tandartsbesoek, flou geword weens hartversaking en was in ’n motorongeluk. Hy het toe gesê dat hy vergeet het om sy hartpille te drink.

Luidens ’n berig op nzherald.co.nz is hy Donderdagmiddag (Amerikaanse tyd) in sy slaap dood. – bbc.com; Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Goue Medalje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.