Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Komper voorspel oor magiese tyd

Die wêreldrekord in die marathon sal nie voor 2032 deur die ontwykende sub-2-uur-grens breek nie.

Eliud Kipchoge oomblikke voor hy die wêreldrekord in die marathon in 2018 in Berlyn verpletter het. Foto: Getty Images

Dít is nou as ’n wetenskaplike model, wat deur navorsers ontwikkel is, geglo kan word.

Die wêreldrekord oor die uitmergelende afstand van 42.195 km staan op 2 uur, een minuut en 39 sekondes. Kenia se Eliud Kipchoge het dié blitstyd in 2018 in Berlyn gehardloop.

Maar volgens ’n model wat wetenskaplikes gebruik het om vorige wêreldrekords en die tydsverloop tussen rekords met mekaar te vergelyk, sal atletiekliefhebbers minstens nog langer as ’n dekade moet wag voordat hulle ’n tyd vinniger as twee uur in die marathon kan gade slaan.

Die statistieke, wat mans en vroue se tye albei in ag geneem het, meen boonop dat dié nommer nooit in vinniger as 1:58.05 afgelê sal kan word nie en dat vroue nooit vinniger as 2:05.31 sal hardloop nie.

Volgens Simon Angus van Melbourne se Monash-universiteit, wie se studie in die joernaal van die American College of Sports Medicine gepubliseer is, sal die eerste sub-2-uur-tyd waarskynlik teen Mei 2032 gehardloop word.

Brittanje se Paula Radcliffe.

Daar is tans twee vrouewêreldrekords wat deur die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) erken word. Die een is die Brit Paula Radcliffe se 2:15.25, wat sy in 2003 in die Londen-marathon opgestel het waar sy teen mans én vroue deelgeneem het. Die tweede is die 2:17:10 deur Kenia se Mary Keitany, wat sy in 2017 in Londen gehardloop het toe sy slegs teen vroue deelgeneem het.

Die Monash-sakeskool sê sy studie het gaan kyk na al die marathon-wêreldrekords sedert 1950 en dit op ’n liniêre ekonomiese model ingevoer om te bepaal in watter tydgleuwe wêreldrekords verwag kon word.

Volgens Angus het hulle daarna die vraag rondom die sub-2-uur-marathon geherkonseptualiseer en eerder gefokus op die kanse dat dit wel gedoen sal kan word.

Deur dié syfers te gebruik, is die perke van die mens se vertonings in die marathon en ook die gaping tussen wêreldrekords in ag geneem om te bepaal watter wêreldrekords vorentoe moontlik is.

Hulle glo die model wat gebruik is, is akkuraat tot en met een persentasiepunt vir mans (sowat 70 sekondes) oor die tydperk van 66 jaar waarop die studie gebaseer is.

Hulle meen egter dat hulle met vroue sowat 3% (200 sekondes) uit kan wees oor dieselfde tydperk.

As ’n IAAF-marathon in 2032 gehardloop word, dan sal ek voorspel dat daar ’n 10%-kans is dat ’n atleet in daardie nommer deur die 2-uur-kerf sal breek.
Simon Angus

“In ander woorde, as ’n IAAF-marathon in 2032 gehardloop word, dan sal ek voorspel dat daar ’n 10%-kans is dat ’n atleet in daardie nommer deur die 2-uur-kerf sal breek,” het Angus gesê.

Hoewel hy toegee dat só ’n tyd al voor 2032 moontlik is, meen hy dit dat hoogs onwaarskynlik sal wees. – AFP

Meer oor:  Paula Radcliffe  |  Eliud Kipchoge  |  Melbourne  |  Rekenaar  |  Atletiek  |  Marathon  |  Rekord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.