Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Koronavirus kan Ierse rekord laat sneuwel
Ron Delany was Ierland se laaste Olimpiese atletiekkampioen toe hy in 1956 die wenner in die 1 500 m was. Foto: Getty Images

Die Covid-19-pandemie dreig nou ook om die laaste sê in ’n unieke atletiek-wêreldrekord, wat deur Ierland gehou word, te hê.

Ierland en atletiek is nie noodwendig sinoniem met mekaar nie. Sy laaste Olimpiese goue medalje in dié sport was immers in 1956 toe Ron Delany die 1 500 m in Melbourne gewen het, maar tog kan dié land daarmee spog dat sy nasionale atletiekkampioenskappe die afgelope 147 jaar ononderbroke plaasgevind het – die langste tydperk deur enige land.

Die eerste nasionale byeenkoms is reeds op 7 Julie 1873 gehou – ’n volle 39 jaar voor die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF), nou bekend as Wêreldatletiek, gestig is. Dit was ook 23 jaar voordat die eerste moderne Olimpiese Spele in 1896 in Athene gehou is.

Vanjaar se byeenkoms is egter in die weegskaal nadat die Ierse regering daarteen besluit het om die vierde fase van dié land se verslapping van die inperkingsmaatreëls te betree.

Ierland se nasionale byeenkoms sou oorspronklik in die laaste naweek van Junie plaasgevind het, maar is toe weens die virus-pandemie tot 22 en 23 Augustus uitgestel.

Onder huidige inperkingsmaatreëls mag nie meer as 200 mense saamtrek vir buitemuurse geleenthede nie, wat dit bitter moeilik maak om ’n nasionale byeenkoms aan te bied.

Onder huidige inperkingsmaatreëls mag nie meer as 200 mense saamtrek vir buitemuurse geleenthede nie.

Sodra daar egter tot die vierde fase van die verslapping van die inperkingsmaatreëls oorgegaan word, sal 500 mense by buitemuurse geleenthede toegelaat word.

Die Ierse regering sal eers weer aan die einde van Augustus die land se inperkingsmaatreëls heroorweeg.

Dit is nog onduidelik of Ierland se atletiekbase hul nasionale byeenkoms nou tot ’n datum in September gaan uitstel of eerder besluit om dit te skrap.

• Amerika was kort op die Iere se hakke met sy eerste nasionale atletiekbyeenkoms wat sedert 1876 elke jaar aangebied word. Vanjaar se byeenkoms is egter gekanselleer. Bronne:www.athleticsireland.ie, olympic.org, irishtimes.com

Meer oor:  Ierland  |  Rekord  |  Koronavirus-Pandemie  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.