Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
KYK: Simbine maak vir oulaas litte los

Akani Simbine het Maandag in Duitsland ná ’n teleurstellende vertoning in die Diamantliga-eindronde in Zürich, Switserland weer op alle silinders gevuur.

Die Suid-Afrikaanse blits het vir die derde keer vanjaar die 100 m onder 10 sekondes gehardloop toe hy silwer gewen het op die Internasionale Stadionfees-byeenkoms wat in Berlyn se beroemde Olimpiese Stadion gehou is.

Sy tyd van 9.99 sekondes was net-net te stadig om Andre De Grasse te klop. Dié Kanadees het voor die skare van nagenoeg 50 000 toeskouers gewen het toe hy Simbine reg voor die wenstreep verbygesteek het. Sy tyd was 9.97.

Akani Simbine (links) en Andre De Grasse (regs) in ’n tweestryd gewikkel op verlede maand se Diamantliga-byeenkoms in Birmingham. Foto: Getty Images

Vir die Suid-Afrikaner sal dit ’n broodnodige hupstoot wees 24 dae voordat die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Wêreldkampioenskappe in Doha, Katar, begin.

Dit was sy laaste wedloop voordat hy op 27 September in die uitdunne vir die 100 m sal aantree.

Dié Suid-Afrikaner, wat die Statebondkampioen is, kon verlede week net ’n vyfde plek, in ’n tyd van 10.10, in Zürich behaal.

Die Amerikaner Noah Lyles het die wedloop in 9.98 sekondes gewen.

Simbine sal nou weer moed skep en homself as ’n aanspraakmaker op ’n medalje in Doha beskou.

Hy het juis sy eerste oorwinning in ’n Diamantliga-byeenkoms in Doha behaal. Dit was in 2017 toe hy Asafa Powell van Jamaika, sowel as Justin Gatlin geklop het. Hy was die eerste Suid-Afrikaner wat dié prestasie in die 100 m-wedloop kon behaal.

Simbine het nou al 22 keer in sy loopbaan vinniger as 10 sekondes gehardloop.

* Antonio Alkana kon net ’n sewende plek in die 110-hekkies behaal. Sy tyd was 13.53 sekondes.

Die Olimpiese en wêreldkampioen van Jamaika, Omar McLeod, het met ’n tyd van in 13.07 met die louere weggestap.

In die 5 000 het die SA langasem Dominique Scott 14de geëindig.

Sy het die wedloop in 15:33.44 voltooi, meer as ’n minuut stadiger as die wenner, Daisy Jepkemei van Kenia, wat in 14:51.72 gewen het.

Meer oor:  Akani Simbine  |  Atletiek  |  Iaaf  |  Asa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.