Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Lamine Diack (87) tronk toe gestuur
Lamine Diack, voormalige hoof van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF). Foto: Getty Images

Lamine Diack, voormalige hoof van Wêreldatletiek, is Woensdag in Frankryk vier jaar tronkstraf opgelê waarvan twee jaar opgeskort is.

Hy is aan korrupsie skuldig bevind met betrekking tot die Russiese opkikkerskandaal. Hy is ook met €500 000 beboet.

Diack (87) het omkoopgeld aanvaar van atlete wat daarvan beskuldig is dat hulle opkikkers gebruik het.

Aanklaers sê Diack het minstens €3,45 miljoen se omkoopgeld in sy sak gesteek.

Aanklaers sê Diack het minstens €3,45 miljoen se omkoopgeld in sy sak gesteek.

Diack, was van 1999 tot 2015 in beheer van Wêreldatletiek (toe nog die IAAF) voordat Sebastian Coe oorgeneem het. Diack het ook geld van Rusland aanvaar om Macky Sall van Senegal se politieke veldtog in die presidensiële verkiesing in 2012 te ondersteun.

In ruil hiervoor moes Diack toesien dat opkikkersake teen Russiese atlete vertraag word.

Dié omkopery het selfs deelname aan die 2012 Olimpiese Spele in Londen help bewerkstellig.

Diack is wel onskuldig bevind op ’n aanklag van geldwassery. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Lamine Diack  |  Frankryk  |  Korrupsie  |  Atletiek  |  Wereldatletiek  |  Tronkstraf  |  Omkoopgeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.