SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Atletiek
Langasem draf van Brits na Pretoria

Lesego Sepeng (24) is nie ’n belangrike politikus of die eienaar van ’n groot sakeonderneming nie.

Aan baie mense se standaarde gemeet, is hy ’n gewone ou, maar hy het ’n droom om ander mense aan te moedig om gesonde lewens te lei. Dit is juis hoe die Mediclinic Heart Endurance Run verlede jaar ontstaan het.

Lesego Sepeng gaan vanjaar vir die tweede keer op ’n bewusmakings-veldtog vir ’n gesonder lewenstyl. Hy sal van 18 tot 22 September van Brits af draf om al die Mediclinics in Pretoria te besoek en dan weer na Brits terugkeer.

“Ek het besluit om gedurende hartbewustheidsmaand in September na elke Mediclinic in die Pretoria-omgewing te hardloop om mense van gesonde gewoontes bewus te maak,” sê Sepeng, wat vir die Mediclinic in Brits se apteek as ’n koördineerder werk.

“Ek het verlede jaar iemand wat ek ken in die Mediclinic raakgeloop nadat hy ’n hartaanval gehad het. Soos ek met hom gepraat het, het ek weer die waarde van ’n gesonde, aktiewe lewenstyl

besef.”

Sepeng sê hy is passievol oor gesond lewe en het besluit om die boodskap op ’n eiesoortige manier aan ander te vertel. Hy begin op 18 September by die Mediclinic in Brits hardloop en maak op 22 September hier klaar. Op sy eerste dag op die pad sal hy ongeveer 40 km aflê en die dae daarna 18 km tot 25 km per dag. Hy sal onder meer by die Mediclinic Kloof en Mediclinic Midstream aandoen voordat hy na Brits

terugkeer.

“Daar is lede van die bestuur by die Mediclinic Brits wat my ondersteun,” sê Sepeng. “Hulle maak beurte om saam te ry. Daar is ook van die dokters hier en van my vriende wat gedeeltes van die roete gaan saam draf.”

Sepeng het in 2013 mededingend begin hardloop. Hy het al verskeie marathons afgelê en wil eendag ook die Comrades aandurf. Sy weeklikse oefenprogram sluit kragwerk en ’n klomp kilometers op die pad in. Hy hardloop drie keer per week tussen 10 km en 15 km en oor die naweek stoot hy dit op na 30 km tot 40 km.

“Om langafstande te draf is grootliks ’n kop-ding,” sê die langasem. “As jou kop reg is, is die kanse goed dat jy sal volhard. Ek is seker ek kan dit doen, maar ek hoop die projek beteken iets vir ander mense.”

Om langafstande te draf is grootliks ’n kop-ding.

Benewens die boodskap wat Sepeng by mense wil tuisbring, gaan hy ook op sy roete niebederfbare kos insamel om aan die Sonop-tehuis op Brits en Angels in Need in Danville te skenk. Wanneer hy eers op die pad is, sal ’n skakel op die Mediclinic Suider-Afrika Facebook-blad gevoeg word waar sy vordering dopgehou kan word.

Meer oor:  Pretoria  |  Brits  |  Draf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.