Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
LJ optimisties oor SA se aflosmanne

Dit sal naïef wees om Suid-Afrika se mans as die gunsteling te ag vir die Olimpiese titel in die 4 x 100 m, maar dat opwindende tye vir die land in die aflos voorlê, is onbetwisbaar.

So reken LJ van Zyl, een van die land se mees ervare atlete in die aflos, ná Suid-Afrika se belowende vertonings by die Wêreld-aflosbyeenkoms in Pole.

Die VSA se LaShawn Merritt, Suid-Afrika se LJ van Zyl en Jamaika se Leford Green in 2011 in ’n taai wedloop gewikkel tydens die 4 x 400 m-afloswedloop by die Wêreldkampioenskap in Daegoe, Suid-Korea. Foto: Getty Images

Die voormalige Statebondkampioen in die 400-hekkies was deel van die 4 x 400-aflosspanne wat in 2018 goud by die Afrika-kampioenskap verower het en ook silwer by onderskeidelik die Wêreldkampioenskap in 2011 in Daegoe (Suid-Korea) en die Statebondspele in 2006 in Melbourne.

Die viertal van Thando Dlodlo, Gift Leotlela, Clarence Munyai en Akani Simbine is as wêreldafloskampioene in Pole gekroon nadat hulle ’n tyd van 38.71 sekondes in ysige koue gehardloop het.

Die VSA, Jamaika, Kanada, Brittanje, die Bahamas en Australië was egter nie een daar in aksie nie.

“Ons is sonder twyfel ’n aanspraakmaker op ’n medalje vir die Tokio-Spele, maar ons moet onthou dat die groot lande nie in Pole was nie,” sê Van Zyl.

“Ja, die wentyd was goed, maar dinge moet in perspektief gesien word. Die Spele gaan ’n perd van ’n ander kleur wees.”

Van Zyl glo egter dat Suid-Afrika eers sy beste span in die veld sal kan stoot wanneer Luxolo Adams van sy besering herstel het en Anaso Jobodwana weer sy beste peil gevind het, terwyl Leotlela en Munyai albei onlangs nog van beserings af teruggekeer het.

“Wayde van Niekerk kom dan natuurlik ook in die prentjie, maar dit gaan oor of hy die 4 x 100 of 4 x 400 wil doen. Ek persoonlik sou hom in die 4 x 100-span insluit.”

Die 400-wêreldrekordhouer het hom pas by sy nuwe oefengroep in Florida in die VSA aangesluit, waar hy sal slyp voor die Spele.

Ons moes boonop by die Beijing-Spele in 2008 die span volmaak met hekkiesatlete en nou het ons uiteindelik ouens wat spesialiste in die 400 is en dit maak ’n groot verskil.

“As Gift wegspring, sou ek dat hy so net meer as 90 m hardloop en aan Wayde oorgee sodat hy ’n goeie stuk inkry voordat hy aan Clarence oorgee, met Akani wat steeds die pylvak hardloop. Dit kan ’n groot span wees,” sê Van Zyl.

“Derrick Mokaleng, wat self in die VSA studeer, moet ook nog bykom in die 4 x 400. Die goeie ding is dat die ouens almal goeie beste tye in die 400 van naby aan 45.50 sekondes het.”

Van Zyl glo die invloed van Paul Gorries, breier van die aflosspanne, en Danie Cornelius, Atletiek Suid-Afrika (ASA) se aflosspanbestuurder, kan nie misgekyk word nie.

“Duidelik werk die oefenkampe wat ASA gehou het. Ons was lanklaas so goed in albei aflosse soos wat ons nou is.”

Hy glo dat Suid-Afrika boonop nou in ’n baie beter posisie in 4 x 100 en 4 x 400 is as wat hulle tot nog toe was.

“Destyds het die seniors in die span die ouens maar saamgekry en op die ou einde besluit wie wil aflos doen en wat die volgorde moet wees. Ons het nooit oefenkampe gehad nie, so dit is ’n wonderlike inisiatief,” sê Van Zyl.

“Ons moes boonop by die Beijing-Spele in 2008 die span volmaak met hekkiesatlete en nou het ons uiteindelik ouens wat spesialiste in die 400 is en dit maak ’n groot verskil.”

Die 4 x 400-span het vyfde in Pole klaargemaak, maar Van Zyl is oortuig daarvan dat die volgorde daar verkeerd was.

“Ek sou vir Zakithi Nene die laaste skof laat hardloop het en vir Oscar Mavundla, wat min ervaring het, laat wegspring het,” sê hy.

“Dit is nietemin interessante tye wat nou in Suid-Afrikaanse aflos wag.”

Meer oor:  Aflos  |  Atletiek  |  Lj Van Zyl  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.