Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Louzanne mik na sterre in Londen

Louzanne Coetzee, blinde atleet van Bloemfontein, mik daarna om ’n nuwe beste tyd die naweek tydens die Londen-marathon te hardloop.

Die 26-jarige Coetzee neem Sondag aan slegs haar derde marathon deel, en sê “ek is so reg soos kan kom”.

Die Bloemfonteinse atleet Louzanne Coetzee mik na ’n persoonlike nuwe tyd in die Londen-marathon. Foto: Argief

“Ek sien uit na die uitdaging omdat ek nou meer vertroud is met die afstand en gaan my beste gee,” sê Coetzee.

Sy het laat in 2017 haar marathon-buiging in Soweto gemaak en in 2018 was sy ook in dié item in Berlyn, Duitsland, in aksie.

Hoewel Coetzee en rekords bykans sinoniem met mekaar is – sy is immers die vinnigste atleet in die T11-klas oor 5 000 m in die wêreld – gaan sy nie in Londen wegspring met die idee om ’n rekord te verbeter nie. Tog hoop sy op ’n tyd van 3 uur en 10 minute in die Engelse hoofstad.

Coetzee het die Soweto-marathon in 3:31:12 voltooi en dit in Duitsland opgevolg met 3:13:41. Sou sy wel daarin slaag om ’n tyd van 3:10 te hardloop, sal sy die wêreldrekord van 3:13:15, wat agter die naam van Jin Zheng van China staan, verbeter.

’n Ekstra geelwortel vir Coetzee is dat die Londen-marathon ook dien as die Wêreldkampioenskap vir gestremde atlete.

Coetzee het so drie weke terug las van inflammasie in haar knie gehad, maar glo nie dit sal haar kniehalter nie.

“Dit is darem nou betreklik onder beheer, en iets wat algemeen by atlete voorkom.”

Sy neem twee gidse, Claus Kempen en Godfrey Ramokone, saam na Londen, maar gaan nie noodwendig van albei gebruik maak nie.

“Die gidse kan by die 21 km-merk ruil, maar ek neem twee maar net vir veiligheid, aangesien Claus my primêre gids gaan wees,” sê Coetzee.

Kempen en Ramokone was ook haar gidse in 2018 in Berlyn. Coetzee-hulle vertrek Woensdagaand na Londen.

Meer oor:  Marathon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.