Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Luvo doen dit weer in verspringput

Minder as ’n week nadat Luvo Manyonga sy Diamantliga-titel verdedig het, het hy in die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Wêreld-uitdaagbyeenkoms in Zagreb in Kroasië weer op die podium verskyn.

Luvo Manyonga in aksie by die Diamantliga se eindronde wat verlede week gehou is.Foto: AP Images

Al staan die atletiekseisoen einde se kant toe, het Manyonga gewys sy lang bene hou.

Hy het ’n byeenkomsrekord van 8.46 m opgestel en die naasbeste, Tomasz Jaszczuk van Pole, kon nie eens 8 m haal nie. Hy het 7.98 m gespring vir sy silwermedalje.

Manyonga se wenafstand was vanjaar se vierde beste wêreldwyd. Die wêreld- en Statebondkampioen het met 8.58 m ook in Mei in Italië die tweede beste sprong van die jaar behaal.

Manyonga se afstand was ’n enkele sentimeter beter as die vorige byeenkomsrekord van 8.45 wat in 2007 deur Irving Saladino van Panama opgestel is en 11 jaar gestaan het.

Nog ’n Suid-Afrikaner, Zarck Visser, was vyfde met ’n beste poging van 7.71 m. Dit was ver van sy beste van 8.40 m wat hy in Junie in Duitsland behaal het.

Ncincilili Titi, wat braaf was en sy slag in twee items kort op mekaar gewys het, het sy rieme styfgeloop in die 100 m, waarin hy agtste was in 10.52 sekondes, met Michael Rodgers van die VSA wat in 10.08 sek gewen het.

Titi het wel vergoed met ’n goeie vertoning in die 200 m, waarin hy derde was in 20.48 sek. Alonso Edward van Panama het in 20.17 sek gewen.

Die Kanadese blits en silwermedaljewenner op die Statebondspele in Australië se Goudkus, Aaron Brown, was tweede in 20.23 sek.

In die 400 m-hekkies het Wenda Nel harde bene gekou. Die bronsmedaljewenner op vanjaar se Statebondspele het vyfde klaargemaak in ’n teleurstellende tyd van 57.29 sek.

Hanna Vasylivna Ryzhykova van Oekraïne het met die louere weggestap in 55.89, wat self nie juis ’n tyd was om oor opgewonde te raak nie.

Meer oor:  Iaaf  |  Wenda Nel  |  Luvo Manyonga  |  Zarck Visser  |  Zagreb  |  Atletiek  |  Verspring  |  Rekord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.