Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Luvo vir 4 jaar uit atletiek geskors
Luvo Manyonga laat waai tydens die Statebondspele in 2018. Foto: Getty Images

Een van Suid-Afrika se sterre by die vorige Olimpiese Spele is uit atletiek geskors.

Luvo Manyonga het homself ’n skorsing van vier jaar op die hals gehaal nadat hy oor ’n tydperk van 12 maande drie keer nie laat weet het waar hy homself bevind sodat hy vir opkikkers getoets kon word nie.

Manyonga, wat ’n silwermedalje by die Olimpiese Spele in 2016 in Rio de Janeiro gewen het, sal na verwagting aanstaande maand se Spele in Tokio misloop.

Manyonga is in Januarie vanjaar tydelik geskors nadat hy versuim het om die teen-opkikkereenheid in kennis te stel waar hy homself bevind.

’n Dissiplinêre tribunaal het Manyonga daarna ’n skorsing van vier jaar opgelê omdat dit sy tweede oortreding was, het Wêreldatletiek se Integriteitseenheid Vrydag getwiet.

Die skorsing geld van 23 Desember af.

Mayonga het sy eerste toets op 26 November 2019 misgeloop en hy was baie vaag oor waar hy homself bevind het by twee ander geleenthede in 2020, sê die Integriteitseenheid.

Die 30-jarige Afrika-rekordhouer en Statebondskampioen kan appèl aanteken by die Hof vir Arbitrasie in Sport, maar die kans is skraal omdat hy nie eens sy skorsing betwis het nie.

William Norris, ’n regsgeleerde van Londen, sê dat Manyonga glad nie sy samewerking tydens die ondersoek gegee het nie en verskeie uitnodigings om ’n tugverhoor op 28 Mei by te woon van die hand gewys het.

Manyonga is in 2012 ook vir 18 maande geskors vir die gebruik van die dwelm metamfetamien. – Sport24.com

Meer oor:  Atletiek  |  Geskors  |  Luvo Manyonga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.