Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Man sterf tydens Twee Oseane

’n Mansatleet het Saterdagoggend tydens die Twee Oseane-halfmarathon aan ’n hartaanval beswyk.

Sowat 16 000 atlete het Saterdagoggend in die halfmarathon van die Twee Oseane weggespring. Foto: Gallo Images

Die organiseerders het in ’n verklaring gesê ’n 35-jarige man het ineengesak en pogings deur noodpersoneel om hom by te bring was onsuksesvol.

Volgens ’n verklaring was die oorledene ’n ywerige atleet wat aan sy vierde halfmarathon deelgeneem het.

Die organiseerders het hul meegevoel met die deelnemer betuig en gevra dat sy gesin se privaatheid gerespekteer word.

Die afsnytyd vir die wedloop oor 56 km was sewe en ’n half uur.

Die 50ste Twee Oseane is Saterdag in Kaapstad beslis.

* In Maart het dr. Monty Brink, ’n Kaapstadse ginekoloog, gesterf toe hy aan die Kaapstadse fietstoer deelgeneem het.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.