Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Manchester-marathon ook daarmee heen

Die waarskynlikheid dat die Londen-marathon vanjaar nog sal voortgaan, lyk al hoe skraler nadat die Manchester-marathon en -halfmarathon óók weens die Covid-19-pandemie geskrap is.

Mo Farah tydens die Manchester-halfmarathon in 2018. Foto: Getty Images

Die Manchester-marathon, wat vir 11 Oktober geskeduleer was nadat dit aanvanklik op 5 April sou plaasvind, sou na verwagting 26 000 deelnemers gelok het, wat ’n nuwe roete deur die middestad sou aanpak.

“Ons verstaan dat ons hardlopers baie ure bestee het in oefening en beplanning vir die wedlope en die onsekerheid dra net verder by tot die frustrasies,” het Nick Rusling, hoof vir die marathon se reëlingskomitee, luidens ’n verklaring gesê.

“Ons het na al die opsies gekyk om die geleentheid in 2020 te hou, waar die veiligheid en welstand van ons hardlopers, ondersteuners en vrywilligers ons primêre fokus sou wees. Ons besluit om die wedlope te kanselleer beteken egter nou dat ons aandag na volgende jaar se wedloop op 11 April verskuif.”

Organiseerders sê wel dat die moontlikheid van ’n virtuele wedloop, waar deelnemers in hul eie woonbuurt die afstand kan voltooi, oorweeg word.

Dié nuus volg ’n dag nadat die Chicago-marathon ook geskrap is, met die Londense wedloop wat tans die enigste van die sogenaamde Groot Ses is wat steeds aan ’n datum vanjaar vasklou.

Die Londen-marathon is tans nog geskeduleer vir 4 Oktober, maar as Manchester, wat 330 km van die Engelse hoofstad is, ’n wedloop as te riskant beskou, is die kans skraal dat Londense owerhede dit sal toelaat.

Verlede maand is die New York- en Berlyn-marathon, wat onderskeidelik vir 1 November en 27 September geskeduleer was (nadat dit aanvanklik uitgestel is), ook geskrap. – Sportredaksie

Meer oor:  Manchesater-Marathon  |  Londen-Marathon  |  Atletiek  |  Marathon  |  Koronavirus  |  Padwedloop  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.