Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Testosteroon verbeter vroue se stamina

Nuwe navorsing oor of vroue by hoë testosteroonvlakke baat vind, wys die toediening daarvan verbeter hul uithouvermoë en spiermassa aansienlik, al is dit van korte duur.

Dr. Angelica Lindén Hirschberg, ’n ginekoloog verbonde aan die Sweedse Olimpiese Komitee by die Karolinska-universiteitshospitaal in Solna, het die studie gedoen.

Caster Semenya Foto: Getty Images

Dit was nadat die Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) Maandag aangekondig het hy gaan die testosteroonvlakke van trans-vroueatlete wat aan die middelafstande deelneem tot die laagste toelaatbare vlak aanpas.

Die IAAF het beslis die atlete moet hul testosteroonvlakke tot onder 5 nmol/L bloed hou om as ’n vrou deel te neem.

Die nuwe regulasie is dieselfde as die beperkinge vir DSD-atlete (soos Caster Semenya wat buitengewoon natuurlike hoër testosteroonvlakke het).

“Die jongste navorsing is die eerste wat aandui dat testosteroon die uithouvermoë en spiermassa van vroue verhoog. Dit is nog nie voorheen gedoen nie, want die meeste vorige navorsing is op mans gedoen,” het Hirschberg gesê.

“Dié navorsing het getoon die testosteroonvlakke het vier keer hoër gestyg, maar dit was steeds minder as wat dit is by mans.

“Die verhoogde testosteroonvlakke het die uithouvermoë van die vroue tot 8% verhoog – wat ’n baie groot rol in sport kan speel.”

Hirschberg se navorsing, wat in die British Journal of Sports Medicine gepubliseer is, is oor ’n tydperk van tien weke op 48 gesonde vroue tussen 18 en 35 jaar oud gedoen.

Dit is ’n politieke en sosiale besluit oor wie mag deelneem en op watter vlak. Ons sal nie stilbly nie . . .
Prof. Chris Cooper

Weekliks is 10 mg testosteroon-room of 10 mg plasebo toegedien en hul testosteroonvlakke het van 0,9 nmol/L bloed tot 4,3 nmol/L gestyg.

Die proefkonyne is ook op ’n trapmeul getoets, hul beenkrag is in fietsry getoets asook hul spiersterkte wanneer hulle opspringe en ander oefeninge gedoen het.

Hul uithouvermoë op die trapmeul het met 21.17 sekondes toegeneem.

Die deelnemers se algehele spiermassa het met 923 g toegeneem teenoor die 135 g van die nievrywilligers.

Prof. Chris Cooper, afgetrede biochemiedosent aan die Universiteit van Essex, wat nie by die navorsing betrokke was nie, sê die data bewys onteenseglik dat hoër testosteroonvlakke die algehele vertoning van vroueatlete verbeter.

“Dit is ’n politieke en sosiale besluit oor wie mag deelneem en op watter vlak. Ons sal nie stilbly nie . . .” – The Guardian en Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.