Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Johnson herstel ná ‘klein beroerte’

Die viermalige Olimpiese kampioen Michael Johnson sê hy is op die herstelpad nadat hy ’n “klein beroerte” gehad het.

Michael Johnson in aksie in die 200 m op die Olimpiese Spele in 1996 in Atlanta. Foto: Getty Images

BBCSport berig die 50-jarige Amerikaner, op sy dag die vinnigste man op aarde oor 200 m en 400 m, sê op Twitter hy was verlede week die slagoffer van ’n iskemiese aanval.

“Die goeie nuus is dat ek terug is by die huis en by my gesin, sonder enige hartprobleme en dat ek reeds goed op die herstelpad is,” sê Johnson.

Die Amerikaner, wat 17 jaar die wêreldrekordhouer in die 300 m was wat verlede jaar deur Suid-Afrika se Wayde van Niekerk verbeter is, het in sy loopbaan ook agt goue medaljes op die Wêreldkampioenskappe verower.

Hy was in 1996 in Atlanta die eerste man om die 200 m, sowel as die 400 m, op dieselfde Olimpiese Spele te wen. Hy het in 2000 afgetree nadat hy sy 400 m-titel suksesvol op die Spele in Sydney verdedig het.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.