Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Moeilikheid vir Russe wat nie medaljes oorhandig

Verdere skorsings staar Russiese atlete in die gesig wat positief getoets het vir die gebruik van verbode middels en nie hul Olimpiese medaljes teruggegee het nie, het die Russiese Atletiekfederasie (Rusaf) aangekondig.

Rusland se Mariya Savinova (links) en Ekaterina Poistogova (regs) vier hul Olimpiese medaljes in die 800 m in Londen tydens die 2012-spele. Albei die atlete het sedertdien positief getoets vir die gebruik van verbode middels en moet hul medaljes teruggee. Foto: Getty

Van die 23 medaljes wat aan die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) oorhandig moet word, is nog net een teruggegee.

Dit kom nadat monsters van die Olimpiese Spele in 2008 in Beijing, sowel as van die Spele in Londen in 2012, met hertoetsing positief getoets het vir opkikkers.

Rusaf het in ’n verklaring gesê dat atlete van die nasionale span geskors sal word totdat hulle die medaljes teruggee.

Net Anton Kokorin, wat deel was van die 4x400 m-aflosspan wat brons in 2008 in Beijing op die Olimpiese Spele verower het, het sy medalje teruggegee.

Kokorin het nie self positief getoets nie, maar Denis Alexeyev, sy spanmaat, het wel.

Rusaf probeer die proses bespoedig in ’n poging om verlore aansien by die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) te herwin.

Rusaf het in ’n verklaring gesê dat atlete nie toegelaat sal word om aan plaaslike kompetisies deel te neem nie en ook nie vir die nasionale span oorweeg sal word totdat die medaljes teruggegee is nie. Verder sal dié atlete ook nie oorweeg word vir die toetse vir verbode middels wat kan toelaat dat hulle aan internasionale byeenkomste as neutrale atlete mag deelneem nie.

Rusaf is self sedert November 2015 deur die IAAF geskors nadat gerugte die ronde begin doen het dat Rusland ’n staatsgesteunde program vir die gebruik van verbode middels geïmplementeer het. Die federasie glo egter dat indien hy die proses kan versnel om die medaljes terug te gee, dit hom kan help om weer in die goeie boekies van die IAAF te kom.

“Die federasie wil ook daarop klem lê dat terwyl daar gewerk word om weer deel van die IAAF te word, daar aan sekere vereistes voldoen moet word wat sover deur verskeie mense geïgnoreer is,” lui die verklaring.

Verder wil Rusaf ook atlete oortuig om die prysgeld terug te gee wat gewen is tydens ander byeenkomste as die Olimpiese Spele.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Medaljes  |  Opkikkers  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.