Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Mokoka, Gelant nie net in tweestryd
Elroy Gelant Foto: Jaco Marais

Die vooruitsig om te sien hoe die Suid-Afrikaners Stephen Mokoka en Elroy Gelant die buitelandse aanslag aanvat in Sondag se Cape Town 12 Onerun, sal padwedloop-entoesiaste se bloed behoorlik laat borrel.

Maar die tweestryd tussen dié twee Suid-Afrikaners sal ook baie interessant wees.

Mokoka en Gelant het mekaar vanjaar een keer op die pad gepak, toe hulle sake in Februarie om die nasionale 10 km-titel uitgespook het.

Gelant het toe danksy ’n naelloop na die eindstreep met ’n wentyd van 29:14 oor Mokoka (29:16) geseëvier.

Die bordjies is verhang toe die twee mekaar in April om die Suid-Afrikaanse kroon in die 5 000 m die stryd aangesê het.

Mokoka was toe in 13:40.81 baas, met Gelant tweede (in 13:43.43).

Terwyl Gelant en Mokoka sal saamwerk om veral die Keniane te stuit, sal albei se visier ook op ’n sege wees.

Die eerste plek is R40 000 werd, en die naaswenner sal R25 000 ontvang.

Die marathon-atleet Sibusiso Nzima kan ook sy eie draaiboek skryf.

Dié 29-jarige langasem het sesde geëindig op die 10 km-byeenkoms, en vierde klaargemaak in die Sevilla-marathon in 2:11:43, om vir die Spele te kwalifiseer.

Dit was ook Nzima wat die pas warm gemaak het vir Gelant en Mokoka in die 5 000.

Nzima het derde klaargemaak (13:46.73) en ’n dag later ook derde in die 10 000 geëindig.

  • Plaaslike atlete het ook ’n ekstra geelwortel voor hulle, met R10 000 wat uitbetaal sal word vir ’n Suid-Afrikaanse rekord.

Matthews (Loop en Val) Motshwarateu se mansrekord (34:23) staan sedert 1988.

Elana Meyer is die vroue-rekordhouer (38:39). Sy het dit in 1999 in San Francisco opgestel.

  • Sondag se wedloop begin in Milnerton en eindig in die Kaapstadse middestad.

Meer oor:  Elroy Gelant  |  Stephen Mokoka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.