Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Mokoka steek droomgrens oor in Argentinië

Die Olimpiese atleet Stephen Mokoka het Sondag in Buenos Aires, Argentinië, die eerste Suid-Afrikaanse atleet geword wat amptelik die halfmarathon in vinniger as die droomgrens van 60 minute kon aflê.

Stephen Mokoka het Sondag in die Buenos Aires-halfmarathon (21,1 km) tweede geëindig in 59:51. Foto: Getty Images

Die 34-jarige Mokoka het in die Buenos Aires-halfmarathon (21,1 km) vierde geëindig in 59:51 en Hendrick Ramaala se vorige amptelike SA beste tyd met 16 sekondes oortref.

Die Keniaan Bedan Karoki se wentyd was 59:07.

Ramaala het twee keer (albei keer in Lissabon, Portugal, in 2000 en 2002) deur die 60 minute-grens in onderskeidelik in 59:20 en 59:42 gebreek, maar dit was op ’n roete wat destyds nie aan die maatstawwe van die Internasionale Vereniging van Atletiek-federasies (IAAF) voldoen het nie.

Ramaala, ook ’n Olimpiese marathonatleet en voormalige wenner van die New York-marathon, het sy amptelike beste tyd van 60:07 in 1997 in Kosice, Kroasië, gehardloop.

Op haar beurt het Suid-Afrika se Glenrose Xaba Sondag in dieselfde halfmarathon as Mokoka, in slegs haar tweede halfmarathon naas Elana Meyer (66:44) en Colleen de Reuck (68:38) die vinnigste Suid-Afrikaanse vroue oor die halfmarathon geword, met ’n tyd van 69:44.

Mokoka, wat hom ook al op die baan en in veldloop onderskei het, het die Sjanghai-marathon vier keer gewen.

Hy het verlede jaar ook eerste in die Kaapstad-marathon oor die eindstreep gehardloop.

Meer oor:  Atletiek  |  Langafstande  |  Marathon  |  Stephen Mokoka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.