Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Mothibi wen Kaapstad-marathon
Edward Mothibi Foto: Verskaf

Suid-Afrika se ultrahardlopers het Sondag die septer geswaai in die virtuele Kaapstad-marathon.

Edward Mothibi, verlede jaar se Comrades-kampioen, het die elite-wedloop in Potchefstroom in 2 uur, 16 minute en 47 sekondes gewen en is as die algehele wenner aangewys.

’n Groep elite-atlete het in drie provinsies in verskillende weerstoestande deelgeneem.

Bongmusa Mthembu, 2019 se Twee Oseane-kampioen, was bobaas in Kaapstad waar hy in 2:17:37 gewen en sy persoonlike beste tyd verbeter het.

In Pretoria was Phillimon Mathiba die manswenner in 2:18:28.

Prof. Ross Tucker het met ’n rekenaar ’n “voorgeestelsel” uitgewerk om die verskil tussen deelname op kusvlak en hoogte bo seespieël te bepaal.

Dit was baie warmer in Pretoria en Potchefstroom terwyl die deelnemers in die Moederstad koel, bewolkte weer geniet het.

Nadat die berekeninge vir die hoogte bo seespieël gedoen is, is Mothibi eerste geplaas, Mathiba was tweede en Philani Buthelezi derde ná sy 2:17:26 wat hy in Pretoria gehardloop het.

Annie Bothma

Mthembu skuif af na die vierde plek.

Die vrouewenner was Annie Bothma (24), wat in Kaapstad 2:33:38 gehardloop het.

Ann Ashworth was die wenner in ’n warm Potch in 2:46:16.

Charné Bosman was die voorste vroue-atleet in Pretoria in 2:56:22.

Meer as 10 000 deelnemers het hul eie wedlope in hul eie woonbuurte afgelê en die Kaapstad-ervaring gehad danksy die app.

• Gerda Steyn het in Dubai die 10 km-wedloop in 38 minute en 2 sekondes afgelê net twee weke ná haar deelname aan die Londen-marathon.

• Dit is die eerste keer dat ’n virtuele marathon regstreeks op televisie uitgesaai is.

Meer volg later.

Meer oor:  Annie Bothma  |  Edward Mothibi  |  Kaapstad  |  Drie Stede  |  Twee Oseane  |  Marathon  |  Comrades  |  Mans-Wenner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.