Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Nóg ’n Keniaan geskors weens opkikkers

Kenia se lys van opkikkerskandes het nóg langer geword met die langasem Japhet Kipkorir wat nou ook vir vier jaar geskors is nadat hy positief vir die gebruik van ’n verbode middel getoets is.

’n Monster wat in November 2019 van dié 29-jarige by die Nanjing-marathon geneem is, het getoon dat dit die anaboliese steroïed nandroloon bevat.

Die Atletiek-integriteitseenheid (AIU), ’n onafhanklike liggaam wat deur Wêreldatletiek gestig is, het Kipkorir op 11 Mei ingelig dat hy sy opkikkertoets gedop het en voorlopig vir vier jaar geskors is.

Hy is egter op 5 Junie kans gegun om sy saak te stel, maar hy het erken dat hy “per ongeluk ’n oortreding van die regulasies vir verbode middels” begaan het en die voorgestelde straf van vier jaar aanvaar.

Opkikkers bly steeds ’n groot probleem onder Keniaanse atlete. Foto: Getty Images

Gevolglik sal sy uitslag in die Nanjing-marathon op 10 November, waar hy vyfde geëindig het, geskrap word. Sy tweede plek in die Amman-marathon in Jordanië in Oktober verlede jaar, sal wel bly staan. Hy het toe die wedloop in 2:19:38 voltooi.

Kipkorir is die jongste geval van ’n lang lys van Keniaanse oortreders, wat tans skorsings vir die gebruik van verbode middels uitdien.

Kenia tel ook tans onder die AIU se lande wat die hoogste risiko vir die gebruik van opkikkers in atletiek het.

In dié stadium dien meer as 45 Keniane reeds skorsings in atletiek uit.

Net in 2020 is Wilson Kipsang, die voormalige marathon-wêreldrekordhouer, voorlopig geskors, terwyl Daniel Wanjiru, wat in 2017 die wenner in die Londen-marathon was, ook in April voorlopig geskors is.

In 2019 is groot name soos Asbel Kiprop, ’n voormalige Olimpiese kampioen en driemalige wêreldkampioen in die 1 500 m, sowel as Cyrus Rutto en Abraham Kiptum almal vir vier jaar geskors. – Sportredaksie

Meer oor:  Atletiek  |  Verbode Middels  |  Skorsing  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.