Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Nog ’n terugslag tref Russe

Die Russiese Atletiekfederasie (Rusaf) se probleme duur voort met die bedanking van Yevgeny Yurchenko, sy president, wat ’n verdere terugslag vir dié beleërde beheerliggaam is.

Yevgeny Yurchenko, president van die Russiese Atletiekfederasie, het sy bedankingsbrief ingehandig. Foto: Getty Images

Yurchenko, wat in Februarie dié pos ingeneem het, sê in ’n verklaring die proses om sy opvolger te kies is reeds aan die gang.

“Ek hoop dat die nuutverkose president van Rusaf sal kan voortbou op ’n praktiese oplossing vir die komplikasies van die afgelope vyf jaar met betrekking tot Wêreldatletiek en dat die persoon ook genoeg geld sal kan lok vir die finansiering van die federasie se ontwikkeling.”

Yurchenko se bedanking kom sowat twee weke voordat Wêreldatletiek se raad op 29 en 30 Julie ’n videokonferensie sal hou waartydens die Russe se lidmaatskap en die toekoms van die land se deelname aan internasionale byeenkomste bespreek sal word.

Rusaf is al sedert 2015 in die wildernis nadat bewerings van ’n staatsgesteunde program vir die gebruik van verbode middels aan die lig gekom het en die beheerliggaam gevolglik geskors is.

Rusland kon sedertdien aan geen internasionale atletiekbyeenkoms onder sy landsvlag deelneem nie. Net enkele atlete is toegelaat om onder ’n neutrale vaandel by die Olimpiese Spele in 2016 by Rio de Janeiro en by die Wêreldkampioenskap in 2017 in Londen en 2019 in Doha deel te neem.

Dié vergunning is egter aan die begin van die maand ook opgeskort nadat Rusaf nie ’n boete van $5 miljoen aan Wêreldatletiek betaal het nie. Die moederliggaam het ’n sperdatum van 1 Julie gestel vir die vereffening van die boete.

Die boete het gevolg nadat Rusaf glo dokumente van een van sy steratlete, die hoogspringer Danil Lysenko, vervals het nadat hy daarvan aangekla is dat hy opkikkertoetse misgeloop het.

Dié boete is intussen verhoog tot $6,31 miljoen.

Ses van die medaljewenners by die Wêreldbyeenkoms in Doha verlede jaar was Russe, wat as neutrale atlete deelgeneem het.

Hulle was die paalspringer Anzhelika Sidorova (goud), die hoogspringer Mariya Lasitskene (goud), die 110 m-hekkies-naelloper Sergey Shubenkov (silwer), die hoogspringer Mikhail Akimenko (silwer), die 20 km-stapwedloop-langasem Vasiliy Mizinov (silwer) en die hoogspringer Ilya Ivanyuk (brons).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.