Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Nóg ’n top-langasem vas oor opkikkers
Eunice Kirwa het in 2016 silwer op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen. Foto: Getty Images

Bahrein se Olimpiese silwermedaljewenner Eunice Kirwa is voorlopig geskors nadat sy ’n toets vir verbode middels gedop het.

Die Atletiek-integriteitseenheid (AIU), ’n onafhanklike liggaam wat deur die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) gestig is, het dié nuus Woensdag in ’n verklaring bekend gemaak.

Kirwa, wat in Kenia gebore is en in 2013 burgerskap in Bahrein gekry het, het in 2016 op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro die silwermedalje in die marathon gewen.

Sy het glo positief getoets vir die gebruik van eritropoïetien, ’n hormoon wat as ’n opkikker vir bloedselle dien en ’n atleet se uithouvermoë verbeter.

“Die AIU bevestig die voorlopige skorsing van Bahrein se langafstandatleet Eunice Jepkirui Kirwa vir die oortreding van die IAAF se reëls teen die gebruik van verbode middels,” het die AIU in ’n verklaring gesê.

Kirwa is die tweede vroue-atleet wat in Rio de Janeiro op die podium in die marathon gestaan het, wat positief vir dié middel getoets het.

Kirwa is die tweede vroue-atleet wat in Rio de Janeiro op die podium in die marathon gestaan het, wat positief vir dié middel getoets het. Kenia se atletiekliggaam het die land se gouemedaljewenner Jemima Sumgong in 2017 vir vier jaar hieroor geskors.

Haar skorsing is daarna tot ’n verdere agt jaar verleng nadat die IAAF haar skuldig bevind het daaraan dat sy met haar skorsing ook vals inligting verskaf het.

Sy kon wel die goue medalje wat sy in Rio verower het, behou aangesien sy eers in 2017 positief getoets het.

Kirwa is ook ’n voormalige bronsmedaljewenner in die Wêreldkampioenskappe nadat sy in 2015 in Beijing derde in die marathon geëindig het.

Sy het ’n persoonlike beste tyd van 2:21:17 in dié nommer, wat in 2017 opgestel is. – Reuters

Meer oor:  Atletiek  |  Positief  |  Padwedlope  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.