Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Nuutste oor 2021 se Twee Oseane

In enige gewone jaar sou inskrywings vir die Twee Oseane-marathon nou al afgehandel en deelnemers goed besig gewees het met voorbereiding voordat hulle hulself in April langasem moet hou.

Die Covid-19-pandemie en ’n verbod op massa-saamtrekke beteken egter dat niks in 2020 soos normaalweg verloop het nie en die onsekerheid waarskynlik nog na vroeë dele van 2021 sal oorspoel.

Die Twee Oseane-marathon kan in 2021 aansienlik anders lyk as vorige jare. Foto: Gallo Images

Organiseerders van die Twee Oseane-marathons het egter die versekering gegee dat hul toegewyd is daaraan om wel dié gewilde wedloop volgende jaar te hou.

“Beplanning vir die 51ste weergawe van die Twee Oseane-marathon is al maande lank aan die gang,” het organiseerders luidens ’n verklaring gesê.

“Ons monitor die verwikkelinge rakende die koronavirus en die invloed van die tweede vlaag.”

Oor een ding kan daar egter sekerheid wees: volgende jaar se wedloop gaan nie soos vorige jare s’n lyk nie.

“Waar ons met ons beplanning voortgegaan het, moet nog net die formaat en die skaal (fisiese deelname, virtueel of ’n mengsel) gefinaliseer word.

“Ons planne kan maklik aangepas word by die getal hardlopers wat toegelaat sal word om aan die 2021 Twee Oseane-marathon deel te neem teen die tyd wat dit wel plaasvind.”

Die marathon bly egter steeds oorgelewer aan die regering se inperkingsmaatreëls, maar organiseerders sê daar is twee dinge wat waarskynlik reeds bepaal is: dis onwaarskynlik dat die Twee Oseane-wedloop in April gehou sal word op die skaal waaraan mense gewoond geraak het; en internasionale deelname sal soos sake tans staan ook nie toegelaat word nie.

Waar ons met ons beplanning voortgegaan het, moet nog net die formaat en die skaal gefinaliseer word.

“Waar ons steeds die situasie rondom die pandemie op ’n plaaslike en internasionale vlak monitor, sal ons aanhou werk aan scenario’s wat dit moontlik sal maak om die Twee Oseane-marathon wel in 2021 aan te bied. Ons beplan om dit binnekort aan owerhede en ons belanghebbendes voor te lê.”

Hierdie scenario’s sluit planne in om die risiko te verlaag vir hardlopers en almal wat by die wedloop sal werk, tesame met addisionele aanpassings tot veiligheidsmaatreëls wat die logistieke beplanning betref, insluitend veelvuldige wegspringe, siftingsprosesse en ontsmettingspunte wat beskikbaar sal wees tussen die wegspringpunte en die wenstreep.

“Ons doelwit is om die 2021-wedloop aan te bied in ’n formaat wat soveel deelnemers as moontlik die geleentheid sal gee om die ‘wêreld se mooiste marathon’ te ervaar,” het die organiseerders bygevoeg.

Meer oor:  Marathon  |  Covid-19  |  Twee Oseane-Wedloop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.