Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Nuwe ranglys moet lewe in atletiek blaas
Atlete soos die Suid-Afrikaanse naelloper Akani Simbine (heel regs) sal heelwat ranglyspunte insamel vir goeie vertonings soos dié in ’n Diamantliga-byeenkoms in Londen verlede jaar. Foto: Getty Images

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) sal in 2019 ’n nuwe wêreldranglys, geskoei op ’n puntestelsel, gebruik om top-atlete te identifiseer en hulle vir bestendige goeie prestasies te beloon.

“Atlete se posisies op die IAAF se ranglys sal bepaal word deur ’n puntetoekenning, wat sal kyk na hul resultate in ’n item, asook die relatiewe belangrikheid van die byeenkoms waar die vertonings gelewer is.

Atlete se posisies op die IAAF se ranglys sal bepaal word deur ’n puntetoekenning, wat sal kyk na hul resultate in ’n item, asook die relatiewe belangrikheid van die byeenkoms.

Die nuwe ranglyste sal nog nie gebruik word te bepaal watter atlete kwalifiseer vir die Wêreldkampioenskappe, wat in September in Doha, Katar, gehou word nie, maar kan wel in die toekoms vir daardie doel aangewend word.

Die nuwe ranglys sal in die 2019-seisoen eerder aangewend word om aan atlete, afrigters en belanghebbendes te wys hoe dit in die praktyk gebruik word.

Sebastian Coe, president van die IAAF. Foto: Getty Images

“Die wêreldranglys sal ook duidelikheid gee oor die kompetisiestrukture van nasionale sowel as internasionale byeenkomste en atlete aanspoor om die beste byeenkomste te ondersteun,” sê die IAAF.

“Vir die eerste keer in die sport se geskiedenis sal atlete, die media en ondersteuners ’n duidelike begrip hê van die hiërargie van byeenkomste op nasionale en internasionale vlakke.

"Dit sal hulle toelaat om maklik en op logiese wyse die seisoen te kan volg tot dit sy hoogtepunt bereik,” het Sebastian Coe, president van die IAAF, bygevoeg.

“Die IAAF se wêreldranglys sal as ’n dryfkrag dien om die globale kompetisie-stelsel gestalte te gee en ook ’n invloed te hê in wie vir toekomstige groot byeenkomste kan inskryf. Almal sal nou ook weet wie werklik die voorste atleet in die wêreld is in elke item.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Sebastian Coe  |  Atletiek  |  Iaaf  |  Ranglys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.