Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Olimpiër lank tjoekie toe oor dwelms

Die Nederlandse Olimpiese atleet Madiea Ghafoor is vir agt en ’n half jaar tronk toe gestuur nadat sy betrap is met dwelms ter waarde van bykans R38 miljoen.

Die atleet Madiea Ghafoor gaan lank tronk toe. Foto: Getty Images

Die 27-jarige Ghafoor is in Junie in hegtenis geneem toe Ecstasy en tik (crystal meth) in die kattebak van haar voertuig gevind is naby die dorp Elten in Duitsland.

Sy is by die grenspos by Elten vir ’n roetinesoektog voorgekeer, waar 50 kg Ecstasy en 2 kg tik in haar besit gevind is, tesame met 11 950 in kontant.

Dié atleet, wat Nederland in die 4 x 400 m-aflos by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in 2016 verteenwoordig het, het skuld ontken. Sy sê sy het gedink dat sy middels vervoer wat as opkikkers vir atlete gebruik kan word.

Die Duitse Atletiekunie sê hulle is geskok deur die saak en sal Ghafoor se bewering met betrekking tot opkikkers ondersoek om seker te maak of iemand anders ook betrokke was.

“Ons is geskok deur die beskuldiging,” het die unie luidens ’n verklaring op hul webblad gesê.

“Die Atletiekunie veroordeel enige gebruik of handel in opkikkers of dwelms.”

Die unie sê dat die saak aan plaaslike owerhede oorhandig is, wat sal ondersoek instel om te bepaal in water mate die beleid teen opkikkers oortree is.

Ghafoor weier om te sê aan wie sy van plan was om die dwelms te oorhandig uit vrees vir die veiligheid van haar familie.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Dwelms  |  Atletiek  |  Verbode Middels  |  Madiea Ghafoor  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.