Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Olimpiese kampioen pleit onskuldig

Die Olimpiese kampioen in die 100 m-hekkies, Brianna McNeal, is uit atletiek geskors nadat sy reëls met betrekking tot verbode middels oortree het, maar beweer sy is onskuldig.

Atletiek se Integriteitseenheid (AIU) het dié 29-jarige Amerikaner daarvan beskuldig dat sy “gepeuter het met die bestuursproses van toetsuitslae vir verbode middels”.

Brianna McNeal sê sy is onskuldig nadat sy voorlopig uit atletiek geskors is. Foto: Getty Images

Sy kan gevolglik van die kans ontneem word om aan die Olimpiese Spele deel te neem en haar titel in Tokio te probeer verdedig.

“As jy my vra, lê die probleem eerder by die toetsstelsel, maar dit is ’n onderwerp vir ’n ander dag,” het McNeal in ’n plasing op Instagram gesê.

Sy sê dat sy in ’n kwessie van ’n week ’n enkelbesering opgedoen het en toe boonop deur Covid-19 getref is.

“Ek wil al die egte mense bedank wat my ondersteun deur een van die moeilikste tye van my lewe,” sê sy verder.

“My borg, Nike, dankie. Dit was ’n rowwe paar weke; van dié nuus, tot die enkelbesering en toe om Covid-19 te kry in ’n kwessie van ’n week, was rof. Hou my in jul gebede.”

Sy wou nie veel besonderhede oor haar voorlopige skorsing gee nie, maar sê sy sal die aap uit die mou laat sodra “alles oorgewaai het”.

“Wat my situasie betref, ek is steeds ek. Baie skoon (sonder opkikkers), baie eerlik en deursigtig.

“Ek sal aanhou swoeg en my absolute bes doen om kop bo water te hou.

McNeal het goud gewen op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, nadat sy drie jaar voor dit, in Moskou, die wêreldtitel agter haar naam geskryf het.

Sy kon egter nie aan 2017 se Wêreldkampioenskappe in Londen deelneem nie nadat sy drie opkikkertoetse binne 12 maande misgeloop het en toe ook geskors is.

Indien sy aan die huidige klag teen haar skuldig bevind word, kan dit op ’n skorsing van vier jaar uitloop en kan dié tydperk selfs tot agt jaar verleng word, omdat sy reeds in die verlede oortree het.

Meer oor:  Atletiek  |  Verbode Middels  |  Skorsing  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.