Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Omstrede Nike-projek word laat vaar
Die omstrede atletiek-afrigter Alberto Salazar.Foto: Getty Images

Nike se omstrede Projek Oregan (NOP) is beëindig nadat die hoofafrigter van dié atletiekprogram, Alberto Salazar, vroeër die maand geskors is.

Dié projek, ’n oefenkamp wat fokus op die ontwikkeling van atlete se uithouvermoë, se deure is finaal toegemaak met sy webblad en sosialemedia-rekeninge wat almal gesluit is.

Dit volg nadat Salazar, wat vir lank onder andere die wêreldkampioen Mo Farah gebrei het, vir vier jaar geskors is nadat hy skuldig bevind is aan oortredings in verband met opkikkers.

’n Woordvoerder vir Nike het vroeër gesê dat die atlete wat steeds by dié elite-oefenprogram betrokke was, ’n “onregverdige las” moes dra.

“Nike probeer nog altyd sy atlete en hul behoeftes voor al ons besluite plaas,” het die sportgoedere-reus gesê.

Ons het daarom besluit om Projek Oregan te beëindig om die atlete toe te laat om op hul oefen- en kompetisie-vereistes te fokus.
Nike-verklaring

“Ons het daarom besluit om Projek Oregan te beëindig om die atlete toe te laat om op hul oefen- en kompetisie-vereistes te fokus. Ons sal al ons atlete help met die oorgangstydperk terwyl hulle kies watter afrigtingstruktuur hulle die beste pas.”

Die Amerikaanse agentskap teen die gebruik van verbode middels (Usada) het Salazar geskors omdat hy “opkikkergebruik georkestreer en gefasiliteer het”.

Die nuutgekroonde wêreldkampioen in die 1 500 m en 10 000 m op die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Wêreldkampioenskappe, Sifan Hassan, is een van die grootste name wat by dié projek betrokke was.

Die Nederlander het in 2016 by die projek aangesluit.

Eliud Kipchoge en Mark Parker, Nike-president, gesels ná dié Keniaanse atleet se poging om die eerste mens te word wat die marathon in vinniger as twee uur af te lê. Foto: AP

Vroeër die maand het die fluitjieblaser Kara Goucher ook ’n beroep op Nike gedoen om die oefenprogram te staak in die lig van Salazar se skorsing.

* Intussen het Nike se uitvoerende hoof, Mark Parker, besluit om van sy pos afstand te doen vir volgende jaar.

Parker was een van die groot name wat Salazar ondersteun het en gesê het dat Nike die afrigter in enige appèlsaak sal bystaan.

Volgens Nike sal Parker egter steeds by die maatskappy betrokke wees in die rol as uitvoerende voorsitter. –Sportredaksie, BBC

Meer oor:  Mark Parker  |  Alberto Salazar  |  Vsa  |  Nike  |  Atletiek  |  Fluitjieblaser  |  Padatelete  |  Projek Oregan  |  Handelsmerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.