Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Ontmoet Olympia Lightning Bolt
Die Olimpiese legende Usain Bolt. Foto: Getty Images

Usain Bolt, wenner van agt Olimpiese goue medaljes, het sy eersteling die eerste keer aan die wêreld voorgestel en ook haar unieke naam onthul.

Dié Jamaikaanse naellooplegende en sy lewensmaat, Kasi Bennett, het Woensdag ’n eerste foto van hul dogtertjie, genaamd Olympia Lightning Bolt, op sosiale media gedeel.

The Cut berig Olympia is op 17 Mei gebore en Bolt (33) het Twitter gebruik om Bennett se verjaardag te vier en sommer ook met die paartjie se pienkvoet te spog.

Bolt skryf: “Ek wil my meisie @kasi__b gelukwens met haar verjaardag. Ek kry die geleentheid om jou spesiale dag saam met jou deur te bring. Ek wens jou niks behalwe geluk toe nie en sal voortgaan om my beste te lewer om ’n glimlag op jou gesig te hou. Ons het saam ’n nuwe hoofstuk begin met ons dogter Olympia Lightning Bolt.”

Hy het nog twee foto’s gedeel met die onderskrif, “Girl Dad.”

Bolt en Bennett is sedert 2014 ’n paartjie, maar het hul verhouding eers in 2016 in die openbaar bekend gemaak.

Die 11-malige wêreldkampioen is steeds die wêreldrekordhouer in die 100 m en 200 m, met tye van onderskeidelik 9.58 en 19.19 sekondes. Hy het dit by die Wêreldkampioenskap in 2009 in Berlyn behaal.

Bolt het vir die laaste keer by die Wêreldkampioenskap in 2017 in Londen meegeding, waar hy ’n derde plek in die 100 behaal het.

Dié stoere Manchester United-aanhanger het vlugtig gepoog om ’n loopbaan as beroepsokkerspeler te betree, toe hy hom in 2018 by die Australiese Central Coast Mariners-span aangesluit het. Hy is egter nie ’n kontrak aangebied ná ’n proeftydperk nie.

– Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Usain Bolt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.