Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Padkoningin Kesa soek Kaapse titel

Suid-Afrika se koningin oor 10 km, Kesa Molotsane, maak Sondag haar debuut in Kaapstad se OneRun-padwedloop oor 12 km.

Kesa Molotsane hardloop Suid-Afrika se paaie aan die brand. Foto: KPMG-atletiekklub

En, sê sy, wat is 2 km verder?

“Ek het nog nie 12 km in ’n kompetisie gehardloop nie.

“Ek glo egter nie die langer afstand sal ’n skok vir die sisteem wees nie. ’n Mens hardloop in oefeninge dikwels verder,” het Molotsane Vrydag in Kaapstad gesê.

Molotsane het verlede jaar die Grand Prix-titel gewen as die algehele wenner van die nasionale vrouepadreeks oor 10 km.

Sy het einde Maart in Bellville die eerste wedloop in vanjaar se reeks in 34 minute 10 sekondes gewen. Vroeër vandeesmaand in Port Elizabeth was sy weer baas in 33:46.

Molotsane het van ’n yskoue Bloemfontein in ’n sonnige Moederstad aangekom. Die temperatuur gaan egter Sondagoggend daal tot sowat 18 grade Celsius, met selfs ’n reënbui of twee wat voorspel word.

Molotsane sê dit neem haar gewoonlik ’n rukkie om haar ideale liggaamstemperatuur te kry.

Die Ugandees Stella Chesang tel ook onder die gunstelinge. Sy het verlede maand die Statebondtitel in die 10 000 m gewen.

Dit is egter nie net die weer wat die Bloemfonteiner sal uitdaag nie.

Die Ugandees Stella Chesang tel ook onder die gunstelinge. Sy het verlede maand die Statebondtitel in die 10 000 m gewen.

Die Brit Tish Jones, verlede jaar se vrouewenner in 39:50, tree ook weer aan.

Jackline Chepngeno van Kenia maak haar terugkeer na die pad ná die geboorte van haar dogter.

Die Stellenbosser Nolene Conrad het verlede jaar tweede geëindig. Sy tree aan ná haar onlangse goeie prestasies in die halfmarathon en die marathon.

Die vrouewedloop sal dalk oorskadu word deur die blitsige mansatlete wat aantree.

Morris Gachaga van Kenia wen verlede jaar die Kaapstad OneRun-padwedloop. Hy is terug om sy titel te verdedig. Altesaam 13 000 deelnemers sal Sondag aantree. Foto: Tobias Ginsberg
Nolene Conrad se peil is tans skitterend.Foto: Mark Sampson

Almal sal die 23-jarige Keniaan Morris Gachaga dophou om te sien of hy sy wêreld-beste tyd van 33:27 van verlede jaar kan herhaal.

Gachaga het Sammy Kitwara se 33:31, wat in 2009 in die Bay to Breakers in San Francisco opgestel is, met vier sekondes verbeter.

Die roete van Woodbridge Island in Milnerton na Breëstraat in die middestad is die vinnigste roete oor 12 km in die wêreld.

Gachaga is vol vertroue dat hy vinniger as 33 minute kan hardloop. Hy erken egter hy was in 2017 grootliks onder die radar.

Hy het verlede jaar gewen danksy ’n blitsige laaste kilometer.

Die Keniane John Langat en Noah Kipkemboi, die Ugandees Abdallah Mande en die Suid-Afrikaner Stephen Mokoka is van die atlete wat Gachaga in sy visier sal hê.

Die wenners sal elk R30 000 verdien vir ’n halfuur se “werk”.

* Die Kaapstadse wedloop is deel van die nasionale Run your City-reeks. Gautengers kan op 24 September 10 km in Johannesburg hardloop en Durbaniete kry hul kans op 14 Oktober.

Meer oor:  Kaapstad  |  Langasems  |  Atlete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.