Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Pak JP, Charné in virtuele wedloop

Verskeie Suid-Afrikaanse sportpersoonlikhede sal eersdaags hul hardloopskoene aantrek vir ’n virtuele wedloop ter ondersteuning van Mandela-dag.

Ipeleng Khunou het die 21 km-wedloop van die Twee Oseane-marathon in 2018 weens ’n gestremdheid op krukke voltooi. Foto: Verskaf

JP Duminy, voormalige Protea-krieketspeler, Janine van Wyk, Banyana Banyana se kaptein, Hezekiel Sepeng, voormalige Olimpiese atleet, asook die Comrades-wenners Edward Mothobi en Charné Bosman gaan almal aan dié wedloop deelneem.

Ipeleng Khunou, wat as “CrazyLegs” bekendstaan nadat hy op krukke die Twee Oseane-marathon se 21 km-wedloop in 2018 voltooi het, sal ook deelneem.

Dié wedloop van 67 km sal geld insamel vir die Nelson Mandela-kinderfonds voor Mandela-dag.

Stappers, drawwers en fietsryers kan almal hul slag wys in die sogenaamde virtuele wedloop, waar atlete in hul eie omgewing die afstand kan aflê, terwyl hul uitslae aanlyn gemeet en geplaas word.

Atlete kan so vroeg as vandag al begin met dié uitdaging, met die sperdatum 18 Julie, wanneer Mandela-dag gevier word.

Vanjaar word die 25ste bestaansjaar van dié kinderfonds ook gevier.

“Ons is geweldig opgewonde dat Ipeleng en die span by ons aangesluit het vir hierdie wedloop se eerste virtuele weergawe,” sê Nomthi Mnisi, kommunikasiedirekteur van die fonds.

“Daar is ’n inskrywingsgeld van R250, wat baie sal help om die nood van kinders in Suid-Afrika te verlig.”

In 2018 het Khunou aan die 10 km-wedloop in Londen deelgeneem ter ondersteuning van die fonds.

“Madiba se boodskap was altyd dat jy van jouself moet gee en om in diens van ons samelewing te wees. Hierdie is ’n geleentheid vir my om weer die werk van die fonds te ondersteun en ek moedig almal aan om dit hul doelwit te maak op Mandela-dag,” sê Khunou.

• Deelnemers kan aansluit by die webblad www.vfcseries.com waar hulle ’n profiel kan skep, wat aan hul slimfone gekoppel sal word.

Data word regstreeks op ’n daaglikse grondslag opgelaai, waar dit van Google Street View gebruik maak sodat deelnemers kan sien hoe hulle teen ander deelnemers vaar.

Vir meer inligting kan die Facebook-groep “67 Kilometres for Mandela Day” gevolg word. – Sportredaksie

Meer oor:  Mandeladag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.