Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
PE-vrouewedloop finaal afgestel
’n Paar vroue aan die oefen vir Port Elizabeth se Spar-vrouewedloop voordat die verspreiding van Covid-19 alles verander het. Foto: Leon Hugo

Nadat dit aanvanklik net eers uitgestel is, is Spar se 2020 vrouewedloop in Port Elizabeth Maandag finaal afgestel.

Dié wedloop is een van ses wat gewoonlik landwyd gehardloop word en wat deel van die Spar Grand Prix uitmaak.

Die PE-wedloop sou aanvanklik op 21 Maart plaasgevind het, maar is weens die Covid-19-pandemie na 17 Oktober verskuif.

Alan Stapleton, wedloopbestuurder, sê dis egter onrealisties om te dink die wedloop sal in Oktober gehardloop kan word.

“Ongelukkig het die onsekerheid rakende alle massabyeenkomste, die organisering wat dit verg om sulke byeenkomste te reël en die belangrikste aspek – die deelnemers se veiligheid – daartoe gelei dat die wedloop gekanselleer moet word,” sê Stapleton in ’n verklaring.

Daar is volgens Stapleton egter steeds ’n ligpunt. Die welsynsorganisasies wat voordeel uit die wedloop sou trek, sal steeds hul beloofde donasies kry. Die organisasies is Khazimla en die Gemeenskapskas in die Baai en Options in George.

Toe die wedloop uitgestel is, het 4 737 hardlopers reeds vir die 5- en 10 km-wedloop ingeskryf. – Sportredaksie

Meer oor:  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.