Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Mthethwa: Reddingsboei vir SA atlete

’n Groot las het van Suid-Afrikaanse sportlui se skouers afgerol met die nuus dat die Olimpiese Spele in Tokio na 2021 uitgestel is.

Hulle het Sondag nóg goeie nuus gekry: hulle sal hulle in die aanloop tot volgende jaar se sportskouspel nié oor geld hoef te bekommer nie.

Min. Nathi Mthethwa. Foto: Gallo Images

Nathi Mthethwa, Suid-Afrika se minister van sport, kuns en kultuur, het bekend gemaak ’n noodlenigingsfonds van R150 miljoen is daargestel om sportlui, kunstenaars, tegniese personeel en ander ondersteuningspersoneel by te staan om die ekonomiese impak van die Covid-19-pandemie te help verlig.

Die kriteria vir toegang tot dié hulp, die identifisering van begunstigdes en die bestuur van die noodgeld, is gefinaliseer met die bydraes van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), sê Mthethwa in ’n verklaring.

Sportlui wat aan byeenkomste sou deelgeneem het, maar nou afgelas of uitgestel is, en wie se inkomste grotendeels bepaal word deur sodanige deelname, sal in aanmerking kom vir geldhulp.

Talle Suid-Afrikaanse sportlui het reeds aangedui dat geen deelname hul sakke sal ruk, veral met borgskappe.

Sportlui wat wil aansoek doen om geldhulp sal moet bewys dat ’n byeenkoms of toernooi waaraan hulle sou deelneem, afgelas of uitgestel is.

Sportlui wat aan byeenkomste sou deelgeneem het, maar nou afgelas of uitgestel is, en wie se inkomste grotendeels bepaal word deur sodanige deelname, sal in aanmerking kom vir geldhulp.

Hul belasting-aanslae moet ook in orde wees.

Afrigters en tegniese personeel wat sportlui bystaan, moet ook bewys kan lewer dat hul inkomste afhanklik is van byeenkomste.

Hul belastingopgawes moet ook op datum wees.

Atlete wat op die program van Operasie Uitnemendheid (Opex) is, is potensiële medaljewenners op groot byeenkomste, soos die Olimpiese Spele, die Paralimpiese Spele en die Statebondspele, en bogenoemde bepalings en kriteria is op hulle van toepassing.

Geldhulp is net van toepassing nadat ’n byeenkoms afgelas of uitgestel is.

Mthethwa sê sportlui wat nie status as “nasionale atlete” geniet nie, moet hul onderskeie provinsies om hulp nader.

Die departement behou hom ook die reg voor om die waarde van die noodlening-verligting volgens die beskikbaarheid van hulpbronne te bepaal.

Net diegene wie se inkomste 100% afhanklik is van deelname aan sportbyeenkomste, kwalifiseer vir geldhulp en nie diegene wat permanente poste elders beklee nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Nathi Mthethwa  |  Atlete  |  Sport  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.