Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Koech, Chepchirchir bo in Kaap
marathon
Edwin Koech steek Sondagoggend as wenner die eindstreep in die Kaapstad-marathon oor. Foto: Jaco Marais

Die Keniaan Edwin Kibet Koech wen Sondag die Kaapstad-marathon. Sy landgenoot Celestine Chepchirchir wen die vroue-afdeling in 'n nuwe rekordtyd.

Suid-Afrika se Elroy Gelant eindig vierde in sy beste marathontyd tot nog toe. Volg al die aksie regstreeks op Netwerk24.

  • TV: Vanaf 06:40 regstreeks op SABC 2 en op capetownmarathon.com.
15 Sep. 10:13:33

Annie Bothma, wat 11de geëindig het in 2:41:44, was die eerste SA vrou. Cornelia Joubert, wat 12de geëindig het in 2:43:18, is egter die SA marathonkampioen omdat sy in provinsiale kleure deelgeneem het.

15 Sep. 09:35:59

Die voorste 15 mans in die Kaapstad-marathon wat Sondag beslis is.

15 Sep. 09:33:27

Celestine Chepchirchir van Kenia wen die vrouewedloop in 2 uur 26 minute 44 sekondes. Nurit Shimels van Ethiopië is tweede (2:27:40), gevolg deur haar landgenoot Gete Mindaye Tilahum  (2:28:32).

15 Sep. 09:11:51

Vier vroue eindig onder 2:30. 'n Verbluffende vertoning!

15 Sep. 09:08:13

Celestine Chepchirchir van Kenia is op pad om vroue-titel in 'n rekordtyd te wen. Die rekord is tans 2:29:28.

15 Sep. 09:06:24

Die Keniaan Edwin Koech wen Sondag die Kaapstad-marathon in 2 uur 9 minute 20 sekondes en sal die wennerstjek van R265 000 ontvang. Die wedren-hoofbeampte moet egter nog die tyd amptelik bevestig. Stephen Mokoka se roeterekord is egter veilig. Muteti eindig 2de in 02:09:25 en Ziani 3de in 2:09:09.  Elroy Gelant is die eerste Suid-Afrikaner oor die eindstreep en eindig vierde in 2:10:31.

15 Sep. 08:53:32

Dis Koech se titel! Die Keniaan wen Sondag die Kaapstad-marathon in 'n nie-amptelike tyd van 2:09. Dit lyk na ‘n 2:10:31 (nie-amptelik) vir Gelant. Hy verbeter sy vorige beste met 2 minute.

15 Sep. 08:49:39

Koech het al 'n sub-60-halfmarathon gehardloop. Hy het dus die nodige vaart as dit op 'n naelloop na die eindstreep gaan uitloop.

15 Sep. 08:48:27

Hier kom 'n naelbyt-wedloop eindstreep toe! Dit lyk of die wentyd nou net onder 2:09 gaan wees. Die eerste plek is R265 000 werd. Net meer as 'n kilometer oor voor die einde. Muteti en Koech is in 'n tatkiese stryd gewikkel met die Marokkaan Mohamed Ziani wat derde is.

15 Sep. 08:43:09

In die stadium, voorspel die Netwerk24-verslagspan, lyk dit of Helalia Johannes se vrouerekord van 2:29:28 dalk in die gevaar is. Die Zimbabwiër die rekord verlede jaar opgestel, maar sy is nie hier om haar titel te verdedig nie. Stephen Mokoka se mansrekord van 2:08:31 kan straks ook in die slag bly. Die eindpunt is byna in sig vir die voorste mans. Muteti was veronderstel om 'n pasaangeër te wees, maar gee nou vir Koech gas. Gelant sak terug na die vierde plek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.