Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Oorsig: Sukses vir SA in Twee Oseane
padwedlope
Deelnemers in vanjaar se Twee Oseane-wedloop. Foto: Gallo Images

Die 50ste Twee Oseane-wedloop sedert 1970 word Saterdagoggend in Kaapstad gehardloop.

Die wedloop word oor ’n afstand van 56 km beslis.

Meer as 10 000 atlete van 80 lande neem deel.

20 Apr. 11:52:56

Ons gaan dan groet vir eers. Sarel en Annchen sal later vandag nog verslag doen met al die reaksie van die wenners.

Hou Netwerk24 dop.

20 Apr. 11:02:01

Sarel:

Irvette van Blerk is in trane. “Ek het ‘n aaklige wedloop gehad,” het sy gesê terwyl haar man, die Olimpiese hekkiesatleet LJ van Zyl probeer troos het.

20 Apr. 11:00:39

Die Olimpiese marathon-atleet René Kalmer met haar dogtertjie, Karli, nadat sy 11de in haar debuut-Twee Oseane was. “Dit was lekker!” het Kalmer gesê. By haar is haar suster en oefenmaat, Christine Kalmer, ook ‘n Olimpiese marathonatleet. Foto: Sarel van der Walt

20 Apr. 10:59:10

Ryan Sandes het veldpaaie vir die pad verruil. Sy debuut in ultra-wedloop. Foto: Annchen Nel

20 Apr. 10:57:19

Frith van der Merwe, wie se rekord ná 30 jaar steeds nie oortref is nie se boodskap aan Gerda Steyn, vandag se wenner: “ Hi Sarel. Gerda had an excellent run. If you can please tell her from me that I say congratulations on a brilliant run!??????”&

20 Apr. 10:30:49

Irvette van Zyl, wat derde geëindig het in die vrouewedloop, is spreekwoordelik uit op haar voete. Foto: Sarel van der Walt

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.