Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Russe voltooi halfmarathon met maskers
Deelnemers hardloop Sondag verby die Kremlin-muur in die Russiese halfmarathon in Moskou. Foto: AP

Meer as 9 500 hardlopers het Sondag met maskers en handskoene in Moskou aan die Russiese halfmarathon deelgeneem.

Die deelnemers se temperatuur is vooraf geneem en hulle is ook aangesê om die reëls oor sosiale afstand weens van die Covid-19-pandemie te handhaaf.

Die halfmarathon is in Mei, toe die Russiese hoofstad weens die verspreiding van die koronaviris inperkingsreëls moes instel, uitgestel.

Hardlopers wat vroeër aan ’n 3 km-wedloop deelgeneem het, moes ook verder van mekaar af hardloop. Dis natuurlik nie so maklik om gedurende ’n wedloop reg te kry nie.

Daar was die afgelope 24 uur 5 427 nuwe Covid-19 gevalle in Rusland met meer as 660 in Moskou.

Die halfmarathon is in meer as 80 stede regoor Rusland gehardloop. Ook in Grozny het sommige deelnemers verkies om met maskers te hardloop. Foto: Getty Images

Die dodetal in Rusland is nou reeds 14 128 met die getal mense wat siek geword het 850 870.

Ten spyte van al die nuwe gevalle het Oleg Matytsin, die minister van sport, gesê daar is met die halfmarathon voortgegaan om die land se sukses in die stryd teen die virus te vier.

“Ons het die moeilike tydperk van die pandemie oorkom en die feit dat ons vandag saam hier kan wees, is ons gesamentlike oorwinning,” het Matytsin gesê.

Hy het later aan verslaggewers gesê: “Ons sal aan die wêreld wys hoe om met ’n normale lewe voort te gaan in hierdie moeilike toestande en terselfdertyd die veiligheids-maatreëls respekteer.”

Die halfmarathon het eindelik weer aan hardlopers die geleentheid gebied om teen mekaar mee te ding. Moskou het in Junie sy inperking van twee maande opgeskort.

“Ek is met geluk en emosie gevul want daar was byna ’n jaar geen wedlope nie,” het Luiza Dmitrieva, wat die vierde vrou was om klaar te maak, gesê. – Reuters

Meer oor:  Marathon  |  Covid-19  |  Gesigmaskers  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.