Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Russe kies dán hulle nuwe ‘redder’
Jewgeni Joertsjenko sal as tussentydse president van Rusaf dien totdat sy opvolger op 30 November gekies word. Foto: Getty Images

Die Russiese Atletiekfederasie (Rusaf) sal op 30 November vergader om ’n nuwe president te kies wat dié beleërde sportliggaam weer op koers sal moet kry.

Rusaf het dié aankondiging gedoen nadat sy raad op 10 Augustus in Moskou vergader het, met Jewgeni Joertsjenko wat in sy pos as tussentydse president sal aanbly totdat die nuwe aanstelling gedoen word.

Wêreldatletiek het Rusaf in Maart met ’n boete van $5 miljoen (sowat R88 miljoen) gestraf vir sy beweerde betrokkenheid by die vervalsing van die hoogspringer Danil Lysenko se dokumente in ’n poging om hom skorsing te laat vryspring nadat hy positief getoets is vir die gebruik van opkikkers.

Die Russe moes dié bedrag teen 1 Julie betaal indien van hul atlete, wat tans neutrale status geniet en steeds kan deelneem aan wêreldbyeenkomste, in die toekoms steeds die vergunning wou hê.

Rusaf het egter nie gehou by die sperdatum nie en die bedrag is sedertdien opgestoot tot $6,31 miljoen (R111 miljoen).

Wêreldatletiek het intussen besluit om die Russe tot 15 Augustus te gee om dié bedrag te vereffen.

Oleg Matitsin, Russiese sportminister, het verlede maand gesê dat die land se sportowerhede die uitstaande bedrag sal betaal voor Wêreldatletiek se nuutste sperdatum, wat Saterdag verstryk.

Rusaf is in November 2015 sy amptelike lidmaatskap kwyt ná ’n rits oortredings met betrekking tot opkikkers.

Wêreldatletiek het toe besluit om aan Russiese atlete, wat kan bewys dat hulle in geen stadium baat gevind het by enige opkikkers nie, neutrale status toe te ken, wat hulle toegelaat het om steeds aan byeenkomste soos die Olimpiese Spele en Wêreldkampioenskappe deel te neem, maar nie onder die Russiese vaandel nie.

Meer oor:  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.